Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skade van R33 m. by stasie ná ‘brandstigting’
Digte rook trek Sondagmiddag oor die middestad toe ’n brand in die Kaapstad-stasie ontstaan en twee treinstelle verwoes is. Foto: Pippa Green (@green_pippa)

Die skade aan Metrorail-treine in Sondag se brand by Kaapstad-stasie beloop meer as R33 miljoen en word voorlopig aan brandstigting toegeskryf.

Die Passasierspooragentskap (Prasa) het Maandag gesê hy het nog ’n “massiewe terugslag” ervaar met Sondagmiddag se brand waarin twee treinstelle verwoes is.

Die brand het om 15:40 begin en het weens sterk wind van een treinstel na die ander by perron 13 en 14 versprei.

Brandbestryders het om 16:15 opgedaag en die brand is omstreeks 19:12 geblus, luidens ’n verklaring van Prasa.

Alle treine na die Kaapstad-stasie is tydens die brand as voorsorgmaatreël gestop.

12 treinwaens is verwoes en die skade word tans op R33 miljoen beraam.

Volgens Prasa is 300 m se kabels ook in die brand beskadig, wat noodsaaklik is om die beheer van treine te outomatiseer.

“Speurders was op die toneel en die kringtelevisiebeeldmateriaal word ook ondersoek. Aanduidings dui aanvanklik op brandstigting.”

Metrorail het Maandagoggend ’n kennisgewing uitgereik dat perron 13 en 14 in die Kaapstad-stasie gesluit bly sodat die skade bepaal en herstel kan word. Dit kan verdere vertragings in die treindienste veroorsaak.

Prasa sê die aantal beskikbare treinstelle in die Wes-Kaap het van 39 in Desember 2018 tot 56 stelle toegeneem en behoort teen middel April tot 60 te styg.

Daarby is twee nuwe treinstelle vandeesmaand ontvang as deel van die bekendstelling van ’n nuwe vloot, tesame met R9,1 miljard om die spoorinfrastruktuur in die provinsie op te knap.



R3 miljard hiervan sal bestee word om 33 nuwe treinstelle te verkry en R2,9 miljard gaan aan die opknapping van die opslagplek vir herstelwerk en aan veiligheid, heinings en mure.

Verder word R1,6 miljard toegewys aan die opknapping van stasies en R1,6 miljard aan die vervanging van sinjale.

Khanyisile Kweyama, voorsitter van Prasa se direksie, sê die vinnige tempo van verwoesting van Prasa se eiendom is ’n “belediging vir belastingbetalers wat sulke programme van die regering vir alle Suid-Afrikaners befonds”.

Pres. Cyril Ramaphosa het op 9 April ook die stasie besoek toe die nuwe treine van Prasa in ontvangs geneem is.

Meer oor:  Prasa  |  Kaapstad  |  Brandstigting  |  Treine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.