Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skape se hakskeensenings afgesny, hond verwurg

WAARSKUWING: Die berig bevat foto's wat sommige lesers kan ontstel.

“Hulle is barbare man, hulle het 11 skape se hakskeensenings afgekap en ons hondjie met ’n draad verwurg,” sê Jan Bezuidenhout.

Bezuidenhout, wat saam met sy seun, Klein Jan, tussen Welkom en Odendaalsrus in die Vrystaat op die plaas Esperanza boer, sê veediewe het Donderdagnag 212 van sy skape gesteel.

Lekgoa, die Jack Russell wat die skape opgepas het, is doodgemaak.

Die Bezuidenhouts het Vrydag omstreeks 06:00 gesien die skape is gesteel.

“Dit lyk asof hulle die skape aangejaag het,” sê Bezuidenhout.

Teen Vrydagmiddag is 33 ooie en 11 lammers in ’n plakkerskamp buite Odendaalsrus opgespoor. Nog skape is in Welkom by die rioolwerke by Tironia-pan opgespoor.

Bezuidenhout sê boere het ook vyf skape op ’n bakkie op pad na Theunissen voorgekeer. Hy moet dié skape nog uitken.

“Ons boere is kwaad, jy verstaan nie hoe kwaad ons is oor dit wat in die land aan die gang is nie,” sê Bezuidenhout.

"In Desember is 46 beeste by my gesteel, in Februarie vanjaar is 26 boerbokke gesteel, in April 40 skape en nou dit.

“Hulle steel my ryp mielies en sonneblom van die lande af,” sê hy.

Die Bezuidenhouts sê Odendaalsrus se veediefstaleenheid asook die gewone polisie in Odendaalsrus verdien ’n pluimpie vir hul moeite.

Kethabile Mofokeng, polisiewoordvoerder, sê dat 72 skape teen Vrydagmiddag opgespoor is.

Mofokeng sê nog niemand is in verband met die diefstal aangekeer nie.

11 van die ooie se hakskeensenings is afgesny.
Een van die 11 ooie van Jan Bezuidenhout waarvan die hakskeensenings afgesny is.
Van die ooie wie se hakskeensenings afgesny is.
’n Ooi waarvan die hakskeensenings afgesny is.
Meer oor:  Skape  |  Veediefstal  |  Welkom  |  Jan Bezuidenhout  |  Veediewe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.