Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skare kastreer man ná 2 meisies verkrag is

’n Man is dood nadat hy deur ’n woedende skare in Ivory Park, Johannesburg, gekastreer is.

Volgens kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het dié voorval Saterdagaand gebeur nadat twee meisies van onderskeidelik 14 en 18 jaar oud glo deur bendelede verkrag is.

“Die twee meisies het glo na die informele nedersetting Lindokuhle gestap toe hulle deur die mans, gewapen met ’n mes en vuurwapen, gekonfronteer is. Die meisies is verskeie kere verkrag,” het Dlamini gesê.

Volgens Dlamini word leidrade opgevolg om twee ander verdagtes aan te keer nadat hulle weggekom het.

’n Derde man is op die toneel gevang en na bewering deur lede van die gemeenskap doodgemaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.