Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skelms kom deur dak en beroof OTM in winkel
Foto ter illustrasie

’n OTM van Capitec in die Spar in Algoa Park, Port Elizabeth, is oopgebreek en die geld gesteel nadat die winkel Vrydagaand gesluit is.

Die rowers net vermoedelik deur die dak by die winkel ingekom en het die OTM met ’n slypmasjien oopgekry. Hulle het weggekom met ’n onbekende bedrag geld.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê die winkel se bestuurderes het die winkel Vrydagaand om 21:15 gesluit en sê sy het die alarm geaktiveer.

Toe sy die winkel Saterdagoggend om 05:55 oopsluit, en die alarm deaktiveer, het sy gesien die OTM staan wawyd oop en is beskadig.

Die polisie se bom-eenheid is na die toneel ontbied. Hulle kon bepaal dat geen plofstowwe gebruik is om die OTM oop te kry nie.

Janse Van Rensburg sê die polisie het die toneel vir leidrade gefynkam.

Dit is in dié stadium nog onbekend hoeveel rowers betrokke was.

Die polisie se ondersoek duur voort. ’n Klag van huisbraak is geopen.

Meer oor:  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.