Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skerp toename in motorkapings in Gauteng, wys syfers

1 249 meer motorkapings is in die 2019-’20-boekjaar in Gauteng aangemeld met ’n totaal van 9 025. Dit is teenoor die 7 776 die vorige jaar.

Die meeste kapings het in Johannesburg gebeur.

Genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris vir Gauteng, het Donderdag die provinsie se jaarlikse misdaadstatistieke bekend gemaak.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof. Foto: GCIS

Die statistieke is vir April 2019 tot Maart 2020. Die kwartaal vir 2020-’21 het weer in April begin.

“Die meeste kapings het op Vrydagaande plaasgevind en ’n vuurwapen is in meeste van die voorvalle gebruik,” sê hy.

Gauteng is die provinsie met die meeste misdaad die afgelope boekjaar.

Wat kontakmisdaad betref het moord met 60 gevalle toegeneem van 4 495 die vorige jaar tot 4 555 die afgelope boekjaar. Die meeste moorde het in openbare plekke soos ’n park, oop veld of verlate gebou plaasgevind en ’n vuurwapen is meestal gebruik.

Ander kontakmisdade soos poging tot moord, algemene aanranding, roof met verswarende omstandighede, roof en seksuele oortredings het ook toegeneem. Die enigste kontakmisdaad wat afgeneem het, is aanranding met die doel om ernstig te beseer, wat 1 443 gevalle minder is.

Seksuele misdrywe soos verkragting en seksuele aanranding was ook meer.

“Met seksuele misdrywe wat met 0,5% toegeneem het, het verkragting met 1,1% toegeneem, poging tot seksuele misdrywe (poging tot verkragting) het met 25,0% afgeneem, seksuele aanranding het met 2,4% toegeneem en seksuele misdrywe met kontak het met 2,9% gestyg,” sê Mawela.

Die meeste verkragtings het by die slagoffer of die oortreder se huis gebeur.

Inbrake in huise het die boekjaar met 4 112 gevalle afgeneem.

Mawela sê in die eerste kwartaal het die staat van inperking ’n rol gespeel in ’n afname van misdaad omdat mense se beweging beperk is, en weens die verbod op die koop of verkoop van drank.

Meer oor:  Elias Mawela  |  Gauteng
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.