Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Skiet terug,’ sê polisie-unie

Die Suid-Afrikaanse Polisie-Unie (Sapu) het polisielede Maandag aangemoedig om terug te skiet as daar op hulle losgebrand word.

Die vakbond het die gewelddadige aanval die naweek op drie polisiebeamptes in Delft, Kaapstad, skerp in ’n verklaring veroordeel, en gesê polisielede behoort nie te sterf as hulle gewapen is nie.

Tumelo Mogodiseng, sekretaris-generaal van Sapu, sê dit is onaanvaarbaar dat ’n polisiekonstabel dood en twee ander gewond is nadat ’n gewapende man op hulle losgebrand het.

“Polisielede moenie doodgaan as hulle gewapen is nie. Dit is nou tyd vir beamptes om terug te skiet op diegene wat hulle aanval,” sê Mogodiseng.

Luidens die verklaring moet geen genade betoon word aan die vermeende skieter nie.

“Hy is gelukkig dat hy gewond en nie dood is nie. Ons vra dat geen genade betoon word aan die polisiekonstabel se vermeende moordenaar nie. Enige borgtogaansoek moet streng teengestaan word.”

Mogodiseng sê dit is duidelik dat polisiebeamptes in ’n oorlogsone werk en daarom vra Sapu polisiebeamptes om hulself voor te berei op enige gebeurlikheid wanneer hulle die “oorlogsone” betree.

Meer oor:  Delft  |  Polisiemoorde  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.