Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skietdood in George: Dogter was ’n ‘sonskynkind’

Haar dogter was ’n sonskynkind wat altyd gelag het, gelief onder almal en nie ’n bakleier nie, maar ’n vredemaker.

So sê Ronel Vermaak oor haar dogter, Amorei Vermaak (26), wie se lyk verlede Vrydag saam met dié van haar kêrel, Stephen Fleck (31), met skietwonde in ’n huis in George gekry is.

Volgens haar was Amorei baie gelief onder almal. “Sy het altyd alles vir almal gedoen. Sy was nie ’n bakleier nie, sy was ’n vredemaker. Sy was my steunpilaar en ’n rolmodel vir haar twee sussies. Sy was ook baie lief vir kook en het netbal gespeel.”

Netwerk24 het verneem die twee was in ’n verhouding en het saamgewoon. Volgens die polisie is hul lyke Vrydagoggend in ’n huis in Aandblomstraat in die woonbuurt Bergsig gevind.

Amorei Vermaak Foto: Facebook

’n Kollega van Vermaak (wat by Nedbank gewerk het) het Vrydag omstreeks 09:00 die huis besoek nadat sy nie by die werk opgedaag het nie. Die kollega het die lyke gesien en die nooddienste ontbied.

Die polisie het ’n venster gebreek om toegang tot die huis te kry. Die lyke is met skietwonde in ’n slaapkamer gevind. ’n Pistool is ook op die toneel gekry.

Die motief vir die voorval word ondersoek. Dit is nie bekend gemaak aan wie die pistool behoort nie.

Vermaak het mense gevra om nie te bespiegel oor wat gebeur het nie. “Ons het vrae, maar nie antwoorde nie. Ek wil die mooi van die jong mense onthou."

Ons het vrae, maar nie antwoorde nie. Ek wil die mooi van die jong mense onthou.

Volgens haar het sy vir Fleck soos haar eie kind aanvaar.

Sy sê ’n privaat diens word Vrydag om 15:00 in Kaapstad vir Amorei gehou. Slegs 50 mense mag dit bywoon weens die regulasies oor die Covid-19-pandemie. Die diens sal op ’n geslote Facebook-groep vir Amorei se kollegas uitgesaai word.

Vermaak het haar dogter se kollegas, vriende en mede- netbalspelers vir hul ondersteuning bedank.

Amorei was volgens Facebook ook ’n agent vir Calléndra-skoonheidsorgprodukte. Die maatskappy het op sy Facebookblad gesê Amorei was een van sy “pragtige” agente en sy medelye teenoor haar familie uitgespreek.

Benewens haar ma word Amorei oorleef deur haar pa, Philip Vermaak, en twee susters, Inge en Yannika.

Meer oor:  George  |  Skietdood  |  Dogter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.