Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skietdood van 5 in KZN dalk gesinsmoord

’n Gesin van vyf is Woensdag uitgewis in ’n skietery in Durban, KwaZulu-Natal, wat moontlik ’n gesinsmoord was.

Die lyke van ’n man, vrou en hul drie dogters – tussen nege en 17 – is omstreeks 12:45 in ’n huis in Isleworthlaan in Woodlands gevind.

Die toneel buite die huis in Woodlands in Durban, KwaZulu-Natal, waar vyf gesinslede in ’n skietery dood is.

Die oorledenes is nog nie geïdentifiseer nie.

Die huis behoort aan ’n landdros en haar man, ’n tolk van die hof, sê lt.kol. Thulani Zwane, ’n KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder.

Daar word bespiegel dat dit moontlik ’n gesinsmoord was.

Volgens Gareth Jamieson van die nooddiens Rescue Care is die lyke van die gesinslede in een slaapkamer gevind.

“Dit is ’n grusame toneel,” sê hy.

Zwane sê daar was skietwonde aan die lyke en ’n vuurwapen is op die toneel gevind.

Dit is nie duidelik aan wie die vuurwapen behoort, wie die skote afgevuur of wat daartoe gelei het nie.

Die Montclair-polisiekantoor het een geregtelike doodsondersoek geopen en ondersoek vier moorde.

Die ondersoek duur voort.

Meer oor:  Durban  |  Kwazulu-Natal (Kzn)  |  Gesinsmoord  |  Skietdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.