Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Hoof geskiet: ‘Skole moenie slagvelde word’

Skole moenie slagvelde word nie. Dít is die woorde van Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, in reaksie op die skietdood Vrydagoggend van die skoolhoof van Buyani Primary School in Finetown, Johannesburg.

Lazarus Baloyi (53), wat ook die sekretaris van die onderwysvakbond Sadtu in Ennerdale was, is verskeie kere geskiet terwyl hy by die skoolterrein ingery het.

Panyaza Lesufi

Lesufi het sy kommer oor die toename in moorde op opvoeders in die gebied uitgespreek.

“Dit is die derde saak waaraan ek aandag gee – net in hierdie gebied – waarin ons skoolhoofde geteiken word.”

Hy het meer hulp van die polisie gevra om skole veiliger te maak.

Lesufi sê hy het die beeldmateriaal van die skietvoorval gesien.

“Dit is moeilik om te sien hoe sulke barbaarse dade in die skoolomgewing plaasvind. Ons het die inligting aan die polisie oorhandig sodat hulle met ondersoeke kan begin en ons kan verstaan wat die oorsaak van hierdie barbaarse daad is. Ek deel my die innige meegevoel met sy familie, onderwysersvakbond en die gemeenskap.”

Volgens Lesufi het hy in Maart vanjaar ’n e-pos ontvang van bekommerde mense in die omgewing oor probleme en uitdagings by die skool, onder meer die skoolhoof se kwalifikasies.

Sadtu het intussen in ’n verklaring geskryf hy is woedend oor die moord op Baloyi.

Die polisie fynkam Vrydagoggend die toneel waar die skoolhoof van Buyani Primary School in Finetown, Johannesburg, doodgeskiet is.
Die voertuig waarin Lazarus Baloyi (53), skoolhoof in Finetown en sekretaris van Sadtu in Ennerdale, Vrydagoggend doodgeskiet is.

“Sulke misdadige optrede moet vinnig hanteer word. Die Grondwet gee aan ons almal die reg op lewe. Ons doen ’n beroep op wetstoepassingsagentskappe om vinnig op te tree en die skuldiges voor die gereg te bring,” lui die verklaring.

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê die motief vir die moord is onbekend. Die polisie ondersoek ’n saak van moord, maar niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Johannesburg  |  Skietdood  |  Skoolhoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.