Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Skietery in Cresta-sentrum toe rowers toeslaan
Een van die vermeende rowers is in die been geskiet toe hulle met sekerheidswagte slaags geraak het. Foto: Twitter/@crimeairnetwork

’n Groep rowers het Dinsdagoggend Totalsports in die Cresta-winkelsentrum in Johannesburg beroof.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê die rowers het Totalsports se werknemers oorval terwyl hulle besig was om die winkel oop te sluit.

Die polisie is Dinsdag op die toneel van die skietery by die Cresta-winkelsentrum. Foto: Felix Dlangamandla
Die polisie is Dinsdag op die toneel van die skietery by die Cresta-winkelsentrum. Foto: Felix Dlangamandla
Die polisie is Dinsdag op die toneel van die skietery by die Cresta-winkelsentrum. Foto: Felix Dlangamandla
Die polisie is Dinsdag op die toneel van die skietery by die Cresta-winkelsentrum. Foto: Felix Dlangamandla
Die polisie is Dinsdag op die toneel van die skietery by die Cresta-winkelsentrum. Foto: Felix Dlangamandla

Die rowers het hulle met vuurwapens gedreig en het uiteindelik met selfone gevlug.

Lyn Wilde, wat by Honey Boutique langs Totalsports werk, sê sy het gesien hoe drie rowers uit Totalsports verby die boetiek hardloop. Een van hulle het ’n vuurwapen by hom gehad.

In ’n skietgeveg tussen die rowers en sekerheidswagte is een van die rowers in die been gewond. Masondo sê twee rowers is in hegtenis geneem en die gewonde rower is tans onder polisiebewaking in ’n hospitaal. Drie ander rowers is vermoedelik steeds op vrye voet.

Die polisie het ook beslag gelê op ongelisensieerde vuurwapens wat in die besit van die rowers gevind is.

Gerugte dat Dischem, Checkers en Computicket ook beroof is, is ontken.

Alida Jacobs, wat die oggend vinnig inkopies in die sentrum wou doen, was in die 3@1-koerierwinkel naby Computicket toe polisiebeamptes by die roltrap opstorm en mense in Computicket in hegtenis neem.

Een van die aangekeerdes wil na bewering ’n klag teen die polisie indien. Die man, wat anoniem wil bly, sê hy werk vir ’n private sekerheidsmaatskappy en hy en sy kollega het hul vuurwapens by hulle gehad.

“ ’n Sekerheidswag het ingestorm en gevra of ons vuurwapens by ons het. Ek het gevra of hy van die polisie is en voorgestel dat hy eerder iemand van die polisie gaan haal.

“Die polisie het ons toe hier uitgeboender en ons teen die muur laat staan. Ek het my vuurwapen se lisensie vir hulle gewys. Ek het geweier om op die grond te lê. Hulle het ons verneder.”

Die sentrum en al die winkels, buiten Totalsports, was teen 11:00 weer oop.

Die Cresta-winkelsentum sê in 'n mediaverklaring geen inkopiegangers is in die voorval beseer nie.

“Die veiligheid van ons kopers en huurders is topprioriteit vir ons bestuur en ons veiligheidspanne sal aanhou met pogings om die sentrum 'n veilige omgewing te hou.”

Meer oor:  Rowers  |  Skietery  |  Winkelsentrum  |  Cresta
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.