Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skietery in vroeë oggendure in Bfn

Die polisie in Bloemfontein ondersoek ’n saak van poging tot moord nadat rowers Vrydag in die vroeë oggendure op die polisie en private reaksiebeamptes geskiet het.

Die polisielede en lede van verskeie veiligheidsmaatskappye in die stad het omstreeks 01:40 gereageer op verdagte persone by die Acacia Lodge-gastehuis in Kriekstraat, Fichardtpark.

Hulle het na wat verneem word mans by ’n voertuig daar betrap.

Konst. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, sê die beamptes het vir die mans gevra wie hulle is, waarna die mans op hulle geskiet het.

Volgens inligting het van die mans daarna in ’n silwer Volkswagen Polo weggejaag terwyl ’n ander verdagte weggehardloop het.

Reaksiebeamptes het die motor agterna gesit tot by Emily Hobhouse-plein in Dan Pienaar, Bloemfontein, waar die mans weer op hulle losgebrand het.

Die motor het daarna in die woonbuurt verdwyn.

Niemand is beseer nie.

Nkabi sê ’n klag van poging tot moord word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Misdaad  |  Rowers  |  Poging Tot Moord  |  Polisie-Ondersoek  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.