Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skietery, pandemie slaan Melville hard

“Dit is die perfekte storm. Net toe ons dink ons het herstel van die skietery, tref die Covid-19-pandemie ons.”

So sê Bridget Steer, wyksraadslid van Melville in Johannesburg oor een van die slegste jare tot nog toe vir dié buurt.

Vier mans en ’n vrou, vermoedelik lede van ’n ontvoeringsindikaat, is Donderdag in ’n huis in Kliprivier, Gauteng, in hegtenis geneem. Die polisie vermoed dat hulle by die Nuwejaarsdag-skietvoorval by die Poppy’s-restaurant in 7de Straat, Melville, betrokke was, asook by die skietvoorval in Newton by die Mary Fitzgerald-plein dieselfde aand.

Met die inhegtenisneming het die polisie ook beslag gelê op handwapens, twee AK-47-gewere, ’n Uzi-masjiengeweer, twee haelgewere, ammunisie en ’n buitelandse weermaguniform.

Die owerhede was op die toneel ná ’n verbyryskietery by die Poppy’s-restaurant in Melville. Foto: Jamaine Krige/SAUK

Van die wapens was in die tuin begrawe.

“Die polisie ondersoek die moontlikheid dat die vuurwapens in die skietvoorvalle in Melville en Newtown gebruik is,” sê brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder.

Hy wou Vrydag nie verder uitwei oor die moontlike verbintenis met die skietvoorvalle nie.

Drie van die vyf verskyn Maandag in die landdroshof in Johannesburg en twee in die landdroshof in Palm Ridge.

Liana Petersen en Samantha Basdew is doodgeskiet toe ’n man op 1 Januarie omstreeks 01:00 in ’n BMW-sportnutsvoertuig verby die restaurant gery en op die partytjiegangers losgebrand het.

’n Soortgelyke skietery het omstreeks 03:00 plaasgevind toe ’n man vanaf ’n brug op partytjiegangers op die Mary Fitzgerald-plein in Newtown losgebrand het. Elf mense is gewond.

Steer sê ná die voorval is kringtelevisiekameras oral in Melville aangebring en wagte in gewone klere beveilig die die restaurantgaste.

“Ons het net mooi op dreef gekom toe dwing die pandemie die restaurante om te sluit. Ek weet van 15 wat nie sal heropen nie,” sê Steer.

Dean Ebden-Hitzeroth, ’n woordvoerder van Poppy’s, sê die restaurant is steeds toe. Hy wou nie sê of die restaurant ná die inperking sal heropen nie.

Ralph Fredericks, een van die ses mense wat in die skietery beseer is, sê die polisie het sedert die voorval nog nie met hom gekommunikeer nie. Hy hoop dat die mense wat aangekeer is, die skuldiges is. Hy is in sy hand en bors geskiet en is steeds aan die herstel.

“Ek wil net weet hoekom hulle dit gedoen het, en as hulle ’n spesifieke mens geteiken het, wie dit was. Ek wil berusting hê. Niemand van ons het dit sien kom nie,” sê Fredericks.

Sherwin Basdew, Samantha se man, sê hy hoop die polisie het die regte mense gevang. Hy wou nie verder kommentaar lewer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.