Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skietery voor hospitaal eis glo bendelid in PE
Die polisie en paramedici staan Vrydagmiddag op die toneel voor die Mercantile-hospitaal in Port Elizabeth waar een man doodgeskiet is en nog twee mans beseer is. Foto: Verskaf

’n Wilde skietery voor ’n hospitaal in Port Elizabeth het Vrydagmiddag die lewe van ’n man geëis en nog twee mans gewond gelaat.

Die skote het omstreeks 14:30 op die hoek van Durbanweg en Cottrellstraat geklap, net duskant die ingang van die Mercantile-hospitaal in Korsten.

Die polisie was sowat twee uur later steeds op die toneel. Volgens betroubare bronne is die oorledene glo as ’n berugte bendelid van die stad geïdentifiseer.

’n Man wat moontlik saam met die oorledene was, is ook in die voorval raakgeskiet, terwyl ’n omstander glo deur ’n dwaalkoeël getref is.

Dit is nog onbekend wie die skote afgevuur het en wat tot die skietvoorval gelei het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het Vrydagmiddag gesê besonderhede oor die voorval is nog onduidelik. “Die polisie is nog besig op die toneel. Op die oomblik kan ons slegs bevestig dat drie mense geskiet is. Een man is dood. Die ander twee mans het oorleef.”

Meer oor:  Priscilla Naidu  |  Port Elizabeth
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.