Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skietgeveg eis 2 na polisie op huis in Kelvin toeslaan

Polisiebeamptes in Gauteng het Woensdag 19 verdagtes na ’n skietgeveg, waartydens twee mense doodgeskiet is, by ’n huis in Kelvin, Johannesburg gearresteer.

Die verdagtes wou na bewering ’n vragmotor met ’n besending selfone van bykans R60 miljoen kaap.

Volgens brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, het lede van die polisie se snelwegpatrollie, lugvleuel, misdaadintelligensie-eenheid en die Johannesburgse metropolisie op ’n huis in Ou Pretoriaweg in Kelvin toegeslaan.

“ ’n Skietgeveg het uitgebreek waarna 14 verdagtes, waaronder twee vroue, in hegtenis geneem is. Nog vyf verdagtes wat oor die mure van die huis gespring het, is gearresteer. ’n Veiligheidswag en ’n verdagte is in die voorval doodgeskiet,” het Peters gesê.

“Daar is later ontdek dat een van die verdagtes tydens die skietgeveg ’n sewe maande oue baba moontlik as ’n skild wou gebruik. Die kind is na veiligheid geneem,” het Peters gesê.

“Die Valke ondersoek die moontlikheid dat die verdagtes positief verbind kan word met ’n vlaag rooftogte by besighede asook die kaping van koerier-paneelwaens en vragmotors,” het Peters gesê.

Op die toneel is daar ook beslag gelê op drie R-5 aanvalsgewere, twee AK-47 aanvalsgewere, ’n 303-geweer en vier pistole. Die polisie kon tot dusver bevestig dat vier van die agt voertuie by die huis, gekaap of gesteel is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.