Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skok nadat 30 t ietermagô’s gevind is

Bewaringsbewustes het Dinsdag met skok gereageer op nuus dat die Maleisiese doeaneowerheid Maandag op 30 t ietermagô’s beslag gelê het.

“Skokkende nuus oor ietermagô’s, die mees gesmokkelde soogdiertjie, stroom steeds in,” het Traffic, ’n organisasie wat oor landsgrense heen werk om wildsmokkelary hok te slaan, Maandagaand in ’n verklaring gesê.

Luidens die verklaring het doeaneamptenare die naweek op 61 lewende ietermagô’s, 1 800 houers met “heel bevrore ietermagô’s”, asook los skubbe van dié diertjies daarin beslag gelê. Dit volg op die 10 t ietermagô­skubbe wat die afgelope twee weke in Hongkong, Viëtnam en Uganda gevind is.

Volgens Traffic het owerhede in Maleisië die naweek aangekondig hulle het op ’n fabriek en ’n pakhuis in die staat Sabah afgekom waarin “etlike duisende” houers vol bevrore ietermagô’s was.

Van die houers was ook vol ietermagô­skubbe.

61 lewende ietermagô’s is in hokke gekry.

Owerhede het daarna hoofsaaklik op Sabah as ’n deurgang vir ietermagô’s gefokus en was nie daarvan bewus dat die diere se liggaamsdele ook hier verwerk word nie.

Dit is die grootste vonds tot nog toe in Maleisië.

Die Maleisiese owerheid het wenke ontvang en Donderdag op die fabriek in Kota Kinabalu, hoofstad van Sabah, toegeslaan.

Etlike ure later het hulle op ’n pakhuis in Tamparuli, sowat 35 km van Kota Kinabalu, afgekom.

Die vonds het 1 800 houers bevrore ietermagô’s ingesluit wat in reusevrieskaste weggesluit was.

Nog 572 bevrore ietermagô’s is in ses gewone vrieskaste gekry en 61 lewende ietermagô’s was in hokke opgesluit.

361 ietermagô­skubbe, twee beerpote en die karkasse van vier Australiese vlermuise is ook in ’n motor se kattebak gekry.

Maleisiese wetstoepassers het ook digitale skale, toerusting wat vakuumverpakkings maak, duisende plastieksakke en kartonbokse gekry.

Dit was duidelik dat hulle hier met ’n goed gevestigde en uitstekend toegeruste verwerkingsfabriek te doen gehad het.

’n Plaaslike inwoner, wat sowat 35 jaar oud en vermoedelik die bestuurder van die fabriek is, het die wetstoepassers na die pakhuis gebring.

Hy is in hegtenis geneem.

Dato’ Omar Mammah, Sabah se polisiekommissaris, sê in ’n verklaring aan Traffic hy meen die verwerkingsaanleg is reeds sowat sewe jaar in bedryf.

Hy meen ook die verdagte het die ietermagô­’s van plaaslike stropers gekry en dit versprei.

Donderdag se vonds kom presies tien jaar ná die ontdekking van ’n logboek wat gebruik is deur ’n sindikaat en was die eerste aanduiding daarvan dat Sabah ’n kritieke rol speel in die smokkelhandel van ieter- magô­’s.

Die logboek het daarop gewys dat 22 200 ietermagô’s tussen Mei 2007 en Januarie 2009, hoofsaaklik in Afrika en ook in Asië, gestroop is.

Owerhede het daarna hoofsaaklik op Sabah as ’n deurgang vir ietermagô’s gefokus en was nie daarvan bewus dat die diere se liggaamsdele ook hier verwerk word nie.

Traffic sê in die verklaring dié nieregeringsorganisasie (NRO) hoop die sindikaat is nou finaal ontwrig.

Die NRO sê Wêreld-ietermagôdag word op 16 Februarie gehou om mense se aandag te plaas op hierdie soogdiertjie, die mees gesmokkelde wilde dier ter wêreld.

Studies wat Traffic in die verlede gedoen het, het gewys 20 t ietermagô’s en hul skubbe word jaarliks onwettig verhandel.

Minstens 27 nuwe smokkelroetes sien jaarliks die lig.

Sindikate probeer op hierdie manier om wetstoepassers te ontduik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.