Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skoktonele buite Kaapse woonstelle waar vrou se lyk in stukke gevind is
Polisiebeamptes fynkam die toneel waar ’n vrou se lyk in stukke aangetref is. Foto: Adrian de Kock
Lynette Volschenk
Lynette Volschenk. Foto: Facebook

Inwoners en familie het Donderdag huilend buite ’n bekende woonstelgebou in die Kaapse noordelike voorstede gestaan ná die grusame ontdekking van die lyk van ’n mede-inwoner.

Talle polisievoertuie, polisiebeamptes en forensiese personeel was omstreeks 12:45 by die Seesig-woonstelle in Bellville waar ’n vrou vermoor is.

Dit is nie bekend wat die omstandighede van die moord was nie, maar inwoners op die toneel was uiters ontsteld en huilerig nadat die vrou se lyk glo in stukke gevind is.

Familielede op die toneel.Foto: Adrian de Kock

Inwoners het haar geïdentifiseer as Lynette Volschenk. Hulle het vertel sy was 'n baie stil persoon en baie gelowig.

’n Bron na aan die ondersoek, wat anoniem wil bly, sê die misdaadtoneel is op die negende en tiende verdieping van die gebou.

seesig
Die Seesig-woonstelle in Bellville. Foto: Adrian de Kock
Die woonstel waar die vrou vermoor is. Foto: Adrian de Kock

Daar word beweer ’n 23-jarige man, wat op die negende verdieping woon, het die 32-jarige vrou op die tiende verdieping in haar woonstel vermoor. Dit het glo Woensdagaand omstreeks 17:00 gebeur toe bure gille gehoor het.

“Die vrou wat onder die man se woonstel bly, het gisteraand heelaand ’n gekap gehoor, maar nie ondersoek gaan instel nie,” vertel ’n inwoner van die woonstelgebou wat op dieselfde verdieping as die beweerde aanvaller woon.

“Vanoggend het die vrou se kollegas haar kom soek toe sy nie opdaag vir werk nie. Die man is blykbaar in haar woonstel betrap met blou handskoene aan. Hy het aangevoer hy werk daar.”

Volgens inligting is die vrou se lyk in swartsakke gevind en haar bloed skoongemaak en by die woonstelgebou se rommelskag afgegooi.

Die polisie wou Donderdag niks sê nie en het belowe om later ’n verklaring uit te reik. Daar word beweer dat die man in hegtenis geneem is. ’n Ooggetuie sê hy het steeds bloed aan sy vingers gehad toe polisielede hom weggeneem het, en ’n bloedspoor in die gang het die polisie na sy woonstel gelei.

’n Bron op die toneel het ook vertel dele van die vrou se lyk is op verskillende plekke in die gebou gevind.

’n Berader was op die toneel om inwoners en familie by te staan.

* In Mei vanjaar is die lyk van 'n 65-jarige man in dieselfde woonstelgebou gevind. Hy was ook 'n inwoner. Dié inwoner se lyk is gevind met 'n tou wat reg rondom sy lyf gebind was. Die polisie het toe die publiek gevra vir meer inligting oor die voorval. Lees meer daaroor hier.

Lynette se laaste plasing op Facebook:

lynette volschenk
'n Plasing wat Lynette in 2017 gemaak het op Facebook.

Meer oor:  Lynette Volschenk  |  Bellville  |  Seesig-Grumoord  |  Seesig-Woonstelle  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.