Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skole in W-Kaap loop deur tydens inperking

Agt skole in die Wes-Kaap het reeds sedert die staat van inperking in werking getree het, onder vandale deurgeloop.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die provinsiale onderwysdepartement, het Vrydag gesê daar is op 29 of 30 Maart by die Chumisa Primary School in Khayelitsha ingebreek. Rekenaars is gesteel en van die klaskamers is erg gevandaliseer. Die presiese waarde van die skade moet nog vasgestel word.

“Daar was ook sewe ander voorvalle van inbrake en vandalisme by skole vanaf 31 Maart,” sê Hammond.

Sy sê sedert die skole op 20 Maart gesluit het, is daar 16 gevalle van inbrake en vandalisme aangemeld. Die 16 sluit die eerste sewe gevalle in, maar nie die voorval by Chumisa nie.

“Ons doen weer eens ’n beroep op alle gemeenskappe om enige verdagte optrede in en om ons skole aan te meld. Daar is tans geen rede vir enigiemand om by ons skole te wees nie, tensy dit ’n opsigter of onderwyser is wat op die skoolterrein woon,” sê Hammond.

Sy sê die meeste gevalle het bedags plaasgevind, en nie snags nie. Bykomende veiligheidsmaatreëls is by die betrokke skole geïmplementeer.

Meer oor:  Onderwys  |  Skole  |  Inperking  |  Bronagh Hammond  |  Wes-Kaap  |  Covid-19-Virus  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.