Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Skole maklike teikens vir skelms’

Skole is maklike teikens vir rowers en dit is waarom hulle gereeld in die visier van misdadigers beland, sê Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid.

Hy het by navraag gereageer op die rooftog Donderdag by die Edenvale High School aan die Oos-Rand.

“Mense neem veiligheid by skole nie so ernstig op soos hulle moet nie.”

Die toneel Donderdag buite die Edenvale High School ná ’n rooftog. Foto: Deaan Vivier

Dr. Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie vir Suid-Afrikaanse Skoolbeheerliggame (Fedsas), sê tegnologiese toerusting en kontant is aanloklik vir misdadigers.

“Ons weet van talle beheerliggame wat kontant as ’n risikofaktor by skole geïdentifiseer het. Baie skole probeer om kontantloos te funksioneer en vra ouers om byvoorbeeld eerder elektroniese betalings te doen.

Dit is egter moeiliker om duur toerusting op te pas en skole bestee baie geld aan kamerastelsels en private veiligheidsmaatskappye.

“Nog ’n risikogebied is toegangsbeheer.

“Ek het begrip dat dit moeilik is vir skole om totale beheer oor toegang tot die perseel te hê. By groot skole is daar maklik sowat 2 000 biologiese ouers. Dan is daar nog die uitgebreide familie, soos oupas en oumas.

“Dit is dus moeilik vir skole om elke persoon te identifiseer wat deur sy hekke gaan.”

Cameron stel voor dat familielede se identiteitsnommers of vingerafdrukke geneem word by die skoolhekke.

Deacon meen dit is baie belangrik dat gemeenskappe saamstaan om na hul skole te kyk.

“Mense kan reël dat die gemeenskap die gebied om ’n skool patrolleer. Elke skool moet ook ’n aangewese polisielid hê wat verantwoordelik is vir dié skool. Die polisielid kan saam met personeel deur die skool stap en moontlike risiko’s identifiseer.”

Dit is juis toegangsbeheer wat moontlik Donderdag gelei het tot die rooftog by Edenvale High School.

Dit het Vrydagoggend aan die lig gekom dat sowat vyf rowers weggekom het toe hulle glo ’n Uber-bestuurder se voertuig buite die skool gekaap het.

Kapt. Kay Makhubele het vroeër aan Netwerk24 gesê ’n man het Donderdag net voor 12:00 in ’n motor by die skoolhek opgedaag en aan die veiligheidswagte gesê hy is ’n ouer wat ’n kind kom oplaai.

“Terwyl die wagte die hek oopgemaak het, het nog gewapende mans in ’n voertuig ingeglip en na die kantoor gegaan. Daar het die rowers kantoorpersoneel en die hoof aangehou.

“Iemand het die Edenvale-polisie, sowat ’n halwe blok van die skool, in kennis gestel. Twee van die aanvallers is doodgeskiet en een is gewond.”

Makhubele het Vrydag bevestig die gewonde is in die hospitaal onder polisiebewaking.

Altesame vyf verdagtes is in hegtenis geneem. Vier van hulle word aangekla van poging tot moord, sakeroof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

’n Uber-bestuurder, die vyfde verdagte wat in hegtenis geneem is, word aangekla van sakeroof en dat hy die motor verskaf het waarin rowers weggekom het.

Makhubele sê die polisie is nog opsoek na ’n onbekende aantal verdagtes.

Dit het Vrydagoggend aan die lig gekom dat sowat vyf rowers weggekom het toe hulle glo ’n Uber-bestuurder se voertuig buite die skool gekaap het.

Die Uber-bestuurder het die voorval by die Johannesburg-Sentraal-polisiekantoor aangemeld.

Hy is egter intussen in hegtenis geneem.

Uber het nog nie bevestig of die man wel ’n Uber-bestuurder is nie.

Meer oor:  Fedsas  |  Afriforum  |  Edenvale High School  |  Ian Cameron  |  Misdaad  |  Diefstal  |  Skole  |  Inbrake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.