Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skole sluit toe protes in Strand uitbreek
n2
Grafika

16:03

'n 25-jarige man is pas in hegtenis geneem in verband met die betoging. Die polisie het bevestig daar is sowat 350 betogers op die toneel. Van hulle het gewelddadig geraak en die polisie met klippe gegooi. Daar moes opgetree word om die groep uit mekaar te dryf. Die N2-snelweg is steeds gesluit.

Die N2 tussen die Strand en Gordonsbaai word Woensdagmiddag versper deur betogers wat ook ’n stuk grond in die gebied beset.Foto: Jaco Marais

Die protesoptrede tussen die Strand en Gordonsbaai waar besetters sedert verlede week ’n stuk van die Asla-grond begin beset het, het Woensdagmiddag gewelddadig geraak.

Mense het allerlei voorwerpe op die N2 aan die brand gesteek, leerlinge van skole in die omgewing is getraumatiseer en die pad is vir kilometers gesluit.

Die polisie het op die toneel rubberkoeëls gebruik om mense uiteen te jaag.

Betogers versper die N2 tussen die Strand en Gordonsbaai.Foto: Jaco Marais

Die departement van onderwys het bevestig die ses skole in die gebied het hul leerlinge en onderwysers omstreeks 12:00 huis toe gestuur weens die onrus. Die polisie se eenheid vir openbare orde het ook aan die hoof van die Nomzamo Primary School opdrag gegee om die skool te sluit vir die dag.

Teen sowat 14:45 het ’n groep polisiebeamptes begin regmaak om mense van die stuk grond te verwyder wat beset word.

Honderde mense byeen op ’n oop stuk grond, asook in die pad, waar die N2-snelweg gesluit is tussen die Strand en Gordonsbaai.Foto: Jaco Marais

Die deel van die N2 wat geraak word, is die beboude Lwandle-gebied tussen die Strand en Gordonsbaai.

Kenny Africa, provinsiale verkeershoof, het teen 14:50 gesê die N2 is steeds gesluit.

Polisie op die toneel.Foto: Jaco Marais

Grondbesetters wat die stuk grond op groot skaal beset, het Sondag ’n motoris wat foto’s wou neem, onder die klippe gesteek.

Die besetters het reeds verlede week begin om penne in die grond in te slaan om erwe af te merk.

Vroeër die week is berig die grond, sowat 8 ha groot, behoort aan Asla-konstruksie en ’n woordvoerder van dié maatskappy het by navraag gesê daar is Vrydag ’n interdik in die hooggeregshof in Kaapstad teen die betreding van die stuk grond gekry.

Mense gooi voorwerpe op die vlamme om die brand verder te stook.Foto: Jaco Marais

Meer oor:  N2  |  Strand  |  Betoging  |  Behuising
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.