Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skollies, staan terug, hier kom Heideveld se Gown Gang!
’n Paar van die lede van Heideveld se Gown Gang is agter van links Vanessa Nelson (51), Charlene Barnes (53), Annie Cloete (55), Bonita Williams (49), Patricia May (59), Fransetta Alexander (47), Washeefa Charles (37), Delia Philander (53) en Denise Julius (45). Voor is Clint Nair (51) en Cupido May (59).

Hulle is keelvol en op ’n sending om die strate van Heideveld in Kaapstad terug te vat by die “skollies wat te veel speelplek het”.

Die “Gown Gang” is genoem na die feit dat hulle elke oggend om 05:30 in hul gowns (kamerjaponne) die strate invaar om mense veilig by hul openbare vervoer te kry vir werk en om kinders veilig by skole te laat aankom.

Die groep, wat uit omtrent 15 lede bestaan, is meestal net vroue, met vier mans in hul midde. Die “Gown Gang” is verlede week Dinsdag op die been gebring nadat “ ’n skollie” ’n meisie die vorige dag na bewering in die gesig geslaan het.

“Sy is in die hoërskool en dit het voor my huis gebeur,” sê Annie Cloete (55), een van die lede. “Hy het haar selfoon gevat.”

Vanessa Nelson (51), wat die groep bymekaargebring het, sê hulle is nie ’n buurtwag nie.

“Ons is net ’n groep mense wat gatvol is,” sê sy. “Die skollies sal dit nie like as hul familie so beroof en aangeval word nie.”

Nelson sê hulle is moeg daarvan om in vrees te lewe.

“Mense wat eerlike geld verdien en kinders is slagoffers,” sê sy. “Ons kan nie so in ons eie gemeenskap aangeval word deur mense wat ook hier bly nie.”

Fransetta Alexander (47), ook ’n lid, sê hulle staan elke oggend so vroeg op omdat hulle nie meer hande gevou kan staan nie.

“Ons sal die skollies aanvat,” sê sy. “Ons is nie bang vir hulle nie.”

Annie Cloete (55)
Vanessa Nelson (51)
Fransetta Alexander (47)
Washeefa Charles (37)
Delia Philander (53)
Denise Julius (45)

Die groep is toegerus met wapens, onder meer knuppels.

Washeefa Charles (37) sê hulle dra almal hul japonne, want “dit is vroeg en ons moet uit”.

“Daar is nie tyd vir aantrek soggens nie.”

Hoewel die polisie die groep nou soggens bystaan, sê Delia Philander (53): “Die polisie is nie altyd vroegoggend te sien as mense gaan werk of kinders skool toe stap nie. Dis hoekom ons ingegryp het. Ons is nie bang vir hul (die skollies se) guns nie.”

Nelson sê diegene wat ander so ander beroof en aanrand, is “bangbroeke”.

Nelson is ook in beheer van haar eie organisasie, Hope for the Future, wat in 2008 gestig is. Hier gee sy kos vir behoeftiges en bied ook ander programme aan, soos bystand vir mense wie se huis afgebrand het.

Denise Julius (45) sê sy het aangesluit, want sy is ook ’n ma wat veiligheid soek.

“Die jongens probeer bendelede maak van ons kinders,” sê Julius. “Ons is hier om ’n stokkie voor dié dinge te steek.”

Meer oor:  Bendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.