Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skool in PE loop 7 keer onder inbrekers deur

Daar is die afgelope maand reeds sewe keer by die Kuyga Primary School in Greenbushes, Port Elizabeth, ingebreek.

Die diewe het onder meer elektriese kabels gesteel, wat veroorsaak dat die elektrisiteitstoevoer na die skool afgesny is. Die gebrek aan elektrisiteit maak dit vir die onderwysers moeilik om klas te gee.

Yusuf Cassim, die DA se woordvoerder oor onderwys in die Oos-Kaap. Foto: Argief

Die situasie by die skool het Yusuf Cassim, DA se woordvoerder vir onderwys in die Oos-Kaap, genoop om Maandag ’n oorsigbesoek by die skool af te lê.

Cassim is vergesel deur die voorsitter van die skool se beheerliggaam, sowel as Bobby Stevenson, die DA se woordvoerder oor veiligheid in die Oos-Kaap.

Cassim het op die besoek gesê dit is duidelik dat die skoolgebou in ’n vervalle toestand is. Die skool is ook al ’n maand lank sonder krag.

Hy sê hy het reeds vrae aan die Oos-Kaapse departement van onderwys gerig oor die toestand van die skool en hul versuim om die probleme op te los. Luidens Cassim het hy nog geen terugvoering ontvang nie.

“Ek gaan die LUR vir onderwys in die provinsie, Fundile Gade, vra om dadelik op te tree om seker te maak dat daar te alle tye sekuriteit by die skool is om die infrastruktuur te beskerm.

“Ek sal ook versoek dat die elektrisiteit na die skool herstel word.”

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Misdaad  |  Onderwys  |  Skool  |  Inbrake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.