Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skool treur ná mesdood van klasmaat

Die hoof van Muizenberg High, Leonie Jacobson, het Woensdag die dood van een van hul gr. 11-leerlinge, Janet Ntozini (18), as ’n absolute treurspel beskryf.

’n Man het Ntozini oor die naweek voor haar ouerhuis in Vrygrond drie keer van agter met ’n mes gesteek. Van die meswonde het deur haar longe en lewer gegaan.

Janet Ntozini

Sy is Sondag omstreeks 01:30 in die hospitaal dood.

Jacobson het gesê Ntozini het gesien hoe ’n man voor haar ouerhuis ’n gestremde persoon aanval.

Sy het by haar ouma grootgeword.

“Sy het ’n verskriklike sin vir reg en verkeerd gehad en het, soos ons haar ken, na buite gehardloop om die gestremde persoon wat aangeval is, te help.”

Volgens Jacobson kon sy die persoon van die aanvaller af wegkry.

“Soos ek verneem, het die man haar van agter gesteek toe sy omdraai.”

Die man is Sondag in Vrygrond in hegtenis geneem en het Woensdag op ’n aanklag van moord in die landdroshof in Muizenberg verskyn.

Jacobson het gesê Ntozini se persoonlikheid het verlede jaar ’n 360-grade-ommeswaai beleef.

“Sy het soveel swaarkry, soveel teenspoed in haar lewe gehad wat sy moes oorkom en verlede jaar het sy om een of ander rede die duiwels die stewel gegee.”

Jacobson het gesê hoewel Ntozini met haar eie duiwels baklei het, kon sy dit altyd regkry om ander mense te help en aan te moedig.

Dit is hartseer dat sy, in die jaar wat ons fokuspunt vir senior leerlinge is om na hul juniors om te sien, só gesterf het. Want dit is wat Janet baie goed gedoen het.

“Een ding wat ek nooit van haar gaan vergeet nie is dat sy verlede jaar uit haar eie na Muizenberg Junior is om die gr. 7-leerlinge daar toe te spreek. Sy het uit haar eie in haar skoolklere met ’n das gegaan.” Ntozini was klaarblyklik nie baie lief vir ’n das nie.

Ntozini was volgens die skoolhoof ’n kranige sokkerspeler en het ná die ommekeer in haar lewe ’n leidende rol op die sokkerveld, maar ook op skool, begin inneem.

“Dit is hartseer dat sy, in die jaar wat ons fokuspunt vir senior leerlinge is om na hul juniors om te sien, só gesterf het. Want dit is wat Janet baie goed gedoen het,” het Jacobson gesê.

Meer oor:  Messteek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.