Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skoolhoof buite skool in Johannesburg doodgeskiet

’n Johannesburgse skoolhoof is Vrydagoggend in sy motor buite die skool doodgeskiet.

Volgens die Gautengse onderwysdepartement het die voorval buite die Buyani Primary School in Finetown gebeur.

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder, sê die polisie het omstreeks 07:00 ’n oproep oor die skietvoorval ontvang.

Volgens Makhubele is die skoolhoof verskeie kere geskiet.

Die skietery het plaasgevind toe hy by die skool se terrein ingery het.

Ons is geskok en woedend oor die nuus oor die skietery by die skool vanoggend in Finetown.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord, en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het intussen sy skok oor die voorval uitgespreek.

“Ons is geskok en woedend oor die nuus oor die skietery by die skool vanoggend in Finetown. Sonder om eens te weet wat die motief vir hierdie hartelose daad is, veroordeel ons die skietery.”

Hy het sy medelye met die skoolhoof se familie, vriende en kollegas uitgespreek en ’n beroep gedoen op die wetstoepassingsowerhede om alles moontlik te doen om die aanvallers vas te trek.

Hy en beraders van die departement sou die skool Vrydagoggend besoek.

Meer oor:  Panyaza Lesufi  |  Johannesburg  |  Skoolhoof  |  Doodgeskiet  |  Skool
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.