Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skoolhoof geskiet: ‘My ma het nie verdien om so te sterf’

Mense van Grabouw en omstreke is steeds geskok oor die moord Vrydag op hul geliefde skoolhoof, Zameka Mfubesi (46).

Sy was die skoolhoof van Umyezo Wama Apile High School in Grabouw en is Vrydag dood nadat daar op haar voertuig langs die N2 geskiet is.

“My ma het nie verdien om so te sterf nie. #JusticeForMyMother,” het haar dogter, Olwethu, Saterdag op Facebook gesê. Sy kon nie persoonlik bereik word nie.

“Die polisie ondersoek ’n saak van moord,” het sers. Noloyiso Nwexana, polisiewoordvoerder, Saterdag gesê. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie.”

Zameka Mfubesi (46). Foto: Annette Theron/Gazette

Daar word beweer dat Mfubesi ingedraai het by die eerste afdraai na Grabouw vanaf die N2 in die rigting van Caledon. Die skool is net anderkant die afdraai geleë.

Mfubesi in ’n helderkleurige rok.Foto: Facebook/Julian Jansen - Journalist

Op sosiale media word gesê iemand het skielik op haar begin skiet en sy is in haar voertuig dood.

“Nee! Ons skoolhoof Zameka Mfubesi is doodgemaak,” het iemand op Facebook geskryf. “Die Grabouw-skoolgemeenskap is in rou. Sy was ’n ongelooflike en dinamiese mens. Jy het nog altyd jou bes gegee, juffrou. Rus sag.”

Medelye het ook ingestroom onder Olwethu se plasing. “My innige meegevoel met jou en jou familie, ek bid dat God julle krag sal gee in hierdie moeilike tyd,” sê iemand anders.

Talle mense het hul woede en hartseer uitgespreek oor die gewelddadige manier waarop sy dood is, en het uitgewys dat dit die tweede soortgelyke voorval in ’n kort tydjie is.

Lt.kol. Charl Kinnear, ’n bevelvoerder van die Wes-Kaapse polisie se bende-eenheid, is Vrydag voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet. Hy is ook in sy motor doodgeskiet.

Vroeër is berig Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir

onderwys, het Vrydagaand in ’n verklaring gesê sy is geskok en hartseer oor die nuus dat Mfubesi weens “sinlose geweld” gesterf het.

“Besonderhede is beperk en ons doen ’n beroep op die polisie om die ondersoek as dringend te beskou. Mfubesi word deur haar kollegas beskryf as ’n dinamiese hoof en ’n wonderlike mens.

“Dit is ’n geweldige verlies vir haar skool en die departement. Ons vra dat die familie se privaatheid in dié routyd eerbiedig word.”

Mense drom saam op die toneel langs die N2. Foto: Facebook/Strand Patrol News and Info

In Februarie is berig dat Mfubesi een van 18 skoolhoofde van oor die provinsie is wat deelgeneem het aan ’n bestuursontwikkelingsprogram van die Universiteit van Kaapstad (UK) se sakeskool. Dit word jaarliks met die samewerking van die Principals Academy Trust en ander borge aangebied.

Meer oor:  Zameka Mfubesi  |  Grabouw  |  Skoolhoof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.