Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skoolhoof op N2 geskiet

Die hoof van ’n hoërskool in Grabouw is Vrydag dood nadat daar op haar voertuig op die N2 geskiet is.

Zameka Mfubesi Foto: Annette Theron/Gazette

Debbie Schäfer, Wes-Kaapse LUR vir onderwys, het Vrydagaand in ’n verklaring gesê sy is geskok en hartseer oor die nuus dat Zameka Mfubesi, hoof van Umyezo Wama Apile High School, weens “sinlose geweld” gesterf het.

“Besonderhede is tans beperk en ons doen ’n beroep op die polisie om die ondersoek as dringend te beskou.”

Schäfer het bevestig dat amptenare van die onderwysdistrik saam met beraders die skool besoek het om te bepaal hoe bystand gebied kan word.

“Mfubesi word deur haar kollegas beskryf as ’n dinamiese hoof en ’n wonderlike mens. Dit is ’n geweldige verlies vir haar skool en die departement. Ons vra dat die familie se privaatheid in dié routyd eerbiedig word.”

In Februarie is berig dat Mfubesi een van 18 skoolhoofde van oor die provinsie heen is wat deelgeneem het aan ’n bestuursontwikkelingsprogram van die Universiteit van Kaapstad (UK) se sakeskool, wat jaarliks met die samewerking van die Principals Academy Trust en ander borge aangebied word.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.