Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skote klap by winkelsentrum in Secunda

Skote het Donderdagoggend by die Secunda-winkelsentrum in Mpumalanga geklap toe vier gewapende rowers een van die winkels probeer beroof het.

Die winkelsentrum het bevestig ’n juwelierswinkel is omstreeks 10:00 deur die rowers geteiken toe die skietery ontstaan het.

Volgens die winkelsentrum is een van die rowers dood in die skietvoorval, terwyl die ander drie gewond is.

Na verneem word, het twee rowers gevlug.

Dit is egter nog onduidelik wie die skote afgevuur het.

Die winkelsentrum sê alles is onder beheer en dat alle klante ongedeerd is.

Die toneel is afgesper en die polisie het reeds met ’n ondersoek begin.

Hoewel sommige winkels tydelik gesluit is om te verhoed dat klante te na aan die toneel kom, is die winkelsentrum steeds oop.

Die polisie het nog nie op navrae gereageer nie.

Dit is ’n ontwikkelende storie.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Secunda  |  Winkelsentrum  |  Skote  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.