Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skote klap in transito-rooftog buite Bonnievale

Die polisie in die Wes-Kaap het Maandagaand hul 72 uur-ondersoekplan geaktiveer ná ’n transitorooftog op die R317 by die Stormsvleipad buite Bonnievale.

Die voorval het Maandag omstreeks 18:50 plaasgevind toe twee voertuie, ’n Toyota Fortuner en ’n BMW-afleweringsvoertuig, ’n geldwa van ’n veiligheidsmaatskappy van die pad gedwing het.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê die transitorowers het daarna skote op die geldwa geskiet en die veiligheidswagte van hul vuurwapens beroof.

’n Onbekende bedrag geld is glo ook geroof.

Die rowers het daarna gevlug. Niemand is beseer nie en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Volgens polisiebronne is tussen ses en sewe skote op die geldwa afgevuur. Al die skote was glo in die deure.

Die bronne sê daar was ses rowers en hulle het ná die rooftog in die rigting van die N2 gevlug.

Naidoo sê die ondersoekplan behels dat alle rolspelers in die polisie, van misdaadintelligensie, polisiebeamptes verbonde aan die forensiese afdeling, speurders en uniform-lede ontbied is waar hulle die toneel vir leidrade moet fynkam.

Meer oor:  Polisie  |  Bonnievale  |  Transito-Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.