Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skote klap ná kapers met polisiemotor wegjaag

’n Man is gewond nadat hy en nog iemand ’n speurder van die Parkweg-polisiekantoor in Bloemfontein in sy motor gekaap het.

Die speurder was Donderdag omstreeks 02:00 in sy polisievoertuig op die hoek van Fort Hare-weg en Gonyanestraat in die Bloemfonteinse middestad toe twee mans op hom toegeslaan het.

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, sê die speurder was aan diens en alleen in sy motor. Dit is onbekend waarheen hy onderweg was.

Hy is nie beseer nie en sy dienspistool is nie gesteel nie.

Die kapers het met die polisiemotor weggejaag en is later deur lede van die Parkweg-, Navalsig-, Bayswater- en Heidedal-polisiekantoor, sowel as die blitspatrollie en hoofwegpatrollie in Marsstraat in Ashbury naby Heidedal na ’n skietery aangekeer.

Een van die kapers is gewond en nog een het weggekom.

Twee mense is aangekeer, maar is later vrygelaat omdat hulle nie met die kaping verbind kon word nie. Die polisie is nog op soek na die ander man.

Klagte van kaping en poging tot moord word ondersoek.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Kapers  |  Skietery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.