Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skote klap toe brandstofdiewe van wagte vlug

Skote het Woensdag in die vroeë oggendure in die strate van Port Elizabeth geklap waar twee brandstofdiewe van veiligheidswagte probeer vlug het.

Die diewe het hul rieme styfgeloop toe veiligheidswagte van Algoa Security toevallig dieselfde vulstasie in Goven Mbeki-laan aangedoen het waar die diewe sopas weggejaag het.

Die diewe het omstreeks 03:15 twee 25 liter kanne met diesel gevul waarna hulle weggejaag het sonder om daarvoor te betaal, sê kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder.

Op dieselfde oomblik het veiligheidswagte by die vulstasie aangekom om hul bakkie se bande te laat pomp.

Die petroljoggie het die veiligheidswagte van die diefstal ingelig, waarna hulle dadelik agter die brandstofdiewe aangejaag het.

Volgens Annelize Jerling, direkteur van Algoa Security, het hul veiligheidswagte die diewe kort daarna ingehaal. Op die hoek van Albany- en Mackay-weg het die twee diewe uit hul voertuig gespring en weggehardloop.

Jerling sê een van die diewe het op hul veiligheidswagte geskiet. Hulle het teruggeskiet en later daarin geslaag om een van die diewe vas te trek.

Die verdagte is met ’n skietwond in sy arm gevind waar hy in Elizabethstraat in Noord-Einde weggekruip het.

Verdere ondersoek het gewys die diewe se voertuig is Dinsdagaand in ’n huisbraak by ’n konstruksiemaatskappy in die stad gesteel.

Volgens Janse van Rensburg sal die 23-jarige man binnekort op ’n aanklag van poging tot moord, die besit van ’n vermoedelik gesteelde voertuig en diefstal in die hof verskyn.

Jerling het hul veiligheidswagte vir hul optrede geloof en gesê, “ek haal my hoed vir die veiligheidswagte af. Hulle is só toegewyd. Dit was nie ’n kliënt van ons nie, maar die hulle het nogtans die mense gejaag, selfs terwyl daar op hulle geskiet is.”

Genl.maj. Thembisile Patekile, bevelvoerder van die Mountweg-polisiegebied, het ook die veiligheidswagte vir hul werk bedank en gesê veiligheidsmaatskappye is belangrike rolspelers in die proses om misdaad te bekamp.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.