Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skote klap toe man weens pap band moet stilhou

’n Motoris is Maandagaand raakgeskiet toe hy die soveelste slagoffer van ’n “padspyker”-aanval op die N1-hoofweg noord van Pretoria geword het.

Dit blyk uit die getal koeëlgate in die man se motorvensters dat die rowers van weerskante op hom afgestorm en losgebrand het nadat hy in sy Mercedes-Benz oor vermoedelik metaalpenne en klippe gery het.

Van die skote is deur die voorste passasiervenster.

Emer-G-Med, sowel as die Tshwane-nooddienste en die polisie, is net ná 21:20 ontbied na die toneel op die N1-noord naby Hammanskraal, waar hulle die gewonde man in sy voertuig aangetref het. Volgens nooddienswerkers is die man, wat alleen in die voertuig was, een keer in die regtervoorarm getref.

Naby die motor, waar die pad ’n effense draai met donker skadu’s maak, het steeds klippe gelê wat hom vermoedelik ’n pap motorband besorg het.

Die slagoffer het gery oor iets in die pad, vermoedelik klippe, wat hom gedwing het om stil te hou.
Die bestuurder van ’n Mercedes-Benz is Maandagaand in die regterarm gewond toe rowers hom van vermoedelik twee kante aangeval het.

Luidens Emer-G-Med se verklaring het die man vertel dat hy noodgedwonge moes stilhou nadat hy oor iets in die pad gery en dit geklink het asof sy motorband bars.

Die oomblik toe hy stilhou, het ’n aantal mense op sy voertuig afgestorm, op hom losgebrand en hom beroof.

Die man is op die toneel behandel en daarna na ’n staatshospitaal geneem.

grafika

Meer oor:  Pretoria  |  Motoris  |  Band  |  Padspyker  |  Skote
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.