Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skote klap toe rowers in Delareyville toeslaan

Delareyville was in die vroeë oggendure Vrydag in rep en roer toe inwoners wakker geword het van geweerskote tussen die polisie en rowers wat ’n kitsbank probeer beroof het.

“Klomp geweerskote gaan af in die bodorp, honde blaf vreeslik,” was Jani Dreyer, ’n inwoner, se boodskap om 02:30 op ’n plaaslike WhatsApp-veiligheidsgroep. Magda Botselo het ’n minuut later laat hoor: “Wat gaan aan, baie geweerskote?”

Kapt. Tlangelani Rikhotso, Valke-woordvoerder in Noordwes, sê die rowers het ’n Standard Bank-kitsbank in die dorp probeer oopbreek toe die polisie daar opdaag. “Iemand het die polisie in kennis gestel, maar dis nie seker wie nie.”

Wat gaan aan, baie geweerskote?

Volgens Rikhotso het daar ’n skietery tussen die rowers en die polisie uitgebreek toe die polisie op die toneel opdaag, maar niemand is beseer nie.

Die onbekende aantal rowers het in ’n voertuig gevlug sonder dat hulle daarin kon slaag om enige geld uit die kitsbank se kluis te steel.

Teen laat Vrydagoggend was die polisie nog op die toneel by die kitsbank. Die Valke ondersoek die saak.

Aanvanklike gerugte dat die rowers ’n polisiestasie in die omgewing aangeval en wapens daar gesteel het, is vals.

Meer oor:  Kitsbank  |  Rowers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.