Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skrootdiewe slaan op historiese brug in Parys toe

Presies ’n eeu nadat Parys se bekende historiese hangbrug oor die Vaalrivier gebou is, word dit nou deur skrootmetaaldiewe beskadig.

Johann Bosman, ’n inwoner van die dorp, sê hy het op 15 Junie gesien die veiligheidskabels wat verhoed dat mense aan die kante van die brug afval, hang baie laag.

Parys se hangbrug is tydelik gesluit nadat die staalpale wat die kabels stut, gesteel is.Foto: Facebook

Bosman het gaan ondersoek instel en gesien die staalstutte wat die kabels in posisie hou, is weg.

Twee jong seuns wat in die omgewing van die brug was, het aan Bosman gesê hulle het gesien hoe ’n hawelose man by die brug peuter.

Bosman het by die plaaslike skrootmetaalhandelaars gaan ondersoek instel en op die pale afgekom.

Die pale is soortgelyk aan dié waarmee heinings gespan word, sê Bosman.

“Dit het gaatjies in en verliefde paartjies het in dié gate slotte gesit, dit was maklik om die pale uit te ken.”

Saal de Jager, ’n oudraadslid van die dorp, sê hy het die munisipaliteit gevra om ’n klag in te dien, want net ’n amptenaar kan volgens wet dit doen, maar die munisipale amptenare wil nie ’n klag indien nie.

De Jager sê dit is vir hom ’n beginselsaak dat ’n klag ingedien word omdat daar heelwat skrootmetaal in die dorp gesteel word.

Parys se bekende hangbrug is tans vir voetgangers gesluit omdat diewe staalpale wat veiligheidskabels in plek hou, gesteel het.Foto: Facebook

Die metaal word dan by dwelmhandelaars geruil wat weer die staal gaan verkwansel, sê De Jager.

Hy sê munisipale watermeters word gereeld gesteel en dan kap die diewe dit stukkend en verkoop dit aan die handelaars.

Hy sê die eienaar van die skrootmetaalonderneming gee sy volle samewerking en sê die werker wat die pale ontvang het, is nie van Parys nie en het nie die pale met die slotte geëien as deel van die hangbrug nie.

Die hangbrug by Parys is gewild onder verliefde paartjies wat hangslotte met hul name aan die brug aanbring.Foto: Facebook

Intussen is die brug gesluit omdat die kabels te laag aan die kant hang en mense van die brug in die water kan val.

Inwoners beplan om die brug binnekort reg te maak.

Die hangbrug vir voetgangers verbind die dorp met ’n eiland in die Vaalrivier.

Die brug is aan die eiland se kant toegemaak om vrye toegang na ’n gholflandgoed te verhinder.

Steve Naale, woordvoerder van die Ngwathe-munisipaliteit, het nog nie op ’n navraag gereageer nie.

Bruce Kannemeyer, munisipale bestuurder, het vroeër gesê hy sal opdrag gee dat ’n klag ingedien word.

Kannemeyer is tans met vakansie.

Meer oor:  Parys  |  Vaalrivier  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.