Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skrywer in Kuruman vermoor
Zoetje en Hennie Oosthuizen.

’n Skrywer en hondeteler van Kuruman, Zoetje Oosthuizen, is na bewering Woensdag ten aanskoue van ’n vriendin en die vriendin se minderjarige kind vermoor.

’n Man na aan Oosthuizen is deur die polisie in verband met die moord in hegtenis geneem.

Die voorval het glo tussen 16:00 en 17:00 plaasgevind.

Volgens inligting is die polisie die oggend na Oosthuizen se huis ontbied toe die verdagte haar glo met ’n wapen gedreig het.

Die situasie is ontlont en die man is nie toe in hegtenis geneem nie.

Oosthuizen was ’n bekende teler van labradorhonde en het glo kliënte van oor die wêreld heen gehad.

Oosthuizen was ook ’n skrywer en besig met haar jongste boek, Grensroep. Sy word oorleef deur haar man, Hennie.

Ds. Hennie Reynecke van die Gereformeerde kerk Kuruman het die voorval bevestig en gesê dit kom as ’n geweldige skok.

“Dit is verskriklik tragies en ons is bitter hartseer. Ons betuig ons medelye met haar naasbestaandes en hoop hulle kan berusting vind.”

Reynecke kon nie verder oor die voorval uitwei nie.

Die polisie in Kuruman kon nie Woensdagaand vir kommentaar bereik word nie.

Die polisie se terugvoering sal bygewerk word sodra hulle reageer.

Meer oor:  Zoetje Oosthuizen  |  Kuruman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.