Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skrywer van jeugboeke sien rooi oor diefstal by gim

Fanie Viljoen, skrywer van jeugverhale, se ware verhaal oor diefstal by ’n gimnasium in Bloemfontein het vandeesweek ’n nuwe hoofstuk bygekry.

Viljoen het in November verlede jaar op Facebook geskryf sy geld en ’n selfoon is twee keer uit ’n sluitkas by die Virgin Active in Northridge Mall gebuit toe hy geoefen het.

Fanie Viljoen, ’n Bloemfonteinse jeugboekskrywer. Sy jongste boek, Die dag toe die draak kom, is pas uitgereik.Foto: FACEBOOK

Hy sê die slot is oopgemaak en die geld is uit sy beursie gevat, maar die beursie is daar gelos. Die kas is toe weer gesluit.

Vandeesweek skryf hy: “Hier is ’n opvolg vir die storie: Die bestuurder het my vertel dat dit net met my gebeur het. Geen ander soortgelyke insidente is aangemeld nie. Maar verlede Maandag vind ek toe uit dat presies dieselfde met ’n ander persoon in die gim gebeur het. Dit het ook twee keer met hom gebeur.”

Zanele Mahlangu, bestuurder van die gim, weet glo van niks.

“So lieg sy vir ons. Haar plan is glo om ’n lokval vir die dief te stel. Nou eers.”

Of sy dit gedoen het, weet hy nie.

Hy sê hy sou dink die gimnasium sou teen dié tyd sy lede waarsku dat daar herhaaldelik by sluitkaste ingebreek word en hoe hulle dit kan verhoed. “Dalk met diefwering of lemmetjiesdraad, ek weet nie.

“Ek sou ook reken dat Virgin Active teen dié tyd hul rekenaars sou raadpleeg om te kyk wie op daardie vier tye saam met ons in die gim was. Hoeveel mense sou op so ’n lys wees? Dis tog heel eenvoudig.”

Dit lyk vir hom of die gimnasium se bestuur nie werklik omgee vir die lede nie.

“Daar is mos ’n bordjie teen die muur wat sê dat Virgin Active nie ’n saak het met misdaad nie. Skies, met enige diefstal of verliese nie.”

Met ander woorde hulle glo my nie eens nie. Dit is dalk hoekom hulle niks daaraan doen nie.

Virgin Active se versekering het vir hom ’n “standaardbriefie” gestuur waarin hulle praat oor die beweerde diefstal.

“Met ander woorde hulle glo my nie eens nie. Dit is dalk hoekom hulle niks daaraan doen nie.”

Viljoen het gesê hy hoop hulle kan nog die skelm vang voordat sy kontrak ná omtrent 18 jaar einde Februarie eindig.

Carla White, woordvoerder vir Virgin Active in Suid-Afrika, sê net twee voorvalle is by hulle aangemeld.

“Ons versekeringsmaatskappy het Fanie Viljoen en sy vriend se eise verwerp omdat hulle nie hul besittings in die sluitkaste vir waardevolle goedere buite die badkamers gebêre het nie.”

Sy sê daar is slegs by dié kaste veiligheidskameras.

Voorts het albei lede kombinasieslotte gebruik wat volgens haar nie in die voorvalle gebreek is nie.

Meer oor:  Fanie Viljoen  |  Bloemfontein  |  Diefstal  |  Virgin Active
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.