Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Skuldiges nog soek ná moord op 95-jarige
Joan Anderson is kort voor haar 96ste verjaarsdag vermoor.

Niemand is nog in hegtenis geneem vir die moord op Joan Anderson van Hermanus nie.

Anderson, wat volgende week haar 96ste verjaarsdag sou vier, is Donderdag in die vroeë oggendure in haar meenthuis vermoor waar sy alleen gewoon het.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het Sondag gesê die soektog na Anderson se moordenaar(s) duur voort.

“Daar is nog niemand in verband met die moord in hegtenis geneem nie,” het sy bevestig.

Na verneem word is Anderson Donderdag in haar meenthuis in die Eastcliff-sentrum in Hermanus dood gevind.

Luidens die polisie het ’n veiligheidswag op haar lyk afgekom, maar bure het wel gesê hulle het laatmiddag na haar gaan soek omdat sy ’n afspraak by ’n fisioterapeut gehad het.

Die agterste skuifdeur na Anderson se eenheid is oop gevind. Die huis was binne baie deurmekaar en daar was ook bloederige handmerke op Anderson se rusbank.

Haar vasgebinde lyk is in die badkamer gevind met ’n handdoek om haar kop gedraai. Daar was baie bloed op die toneel.

Die polisie wou nie bevestig of iets uit Anderson se huis gesteel is nie, net dat sy vroeër die klaer was in ’n roofsaak.

Rwexana sê niemand is nog in verband met daardie saak aangekeer nie.

Anderson, wat op haar hoë ouderdom nog in die kantoor van ’n verhuringsagentskap gewerk het, is verlede jaar deur rowers by haar werksplek aangehou.

’n Vriendin van Anderson wat haar in dié saak bygestaan het, sê egter twee mense is wel in hegtenis geneem, maar is sowat ses weke gelede vrygelaat weens verlore getuienis.

Die polisiestasie waar die getuienis geberg was, is tydens die onlangse onluste in die area afgebrand.

Anderson moes toe noodgedwonge die polisie help om die dossier weer van voor af saam te stel.

Die oorsaak van haar dood is nog onbekend. Rwexana kon ook nie bevestig wanneer die lykskouing gaan plaasvind nie.

“Ons kan nie kommentaar lewer oor ’n saak wat nog ondersoek word nie.”

Anderson was ongetroud en het geen kinders gehad nie.

Meer oor:  Hermanus  |  Moord  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.