Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Slaap ontwyk vriend van vermoorde Boschkop-man
Abrie du Plessis sterk tans in die hospitaal aan nadat hy in die aanval gewond is. Foto: Verskaf

Slaap ontwyk Abrie du Plessis (45) wat in ’n rooftog gewond is en moes kyk hoe sy vriend doodgeskiet word.

Du Plessis is Maandagaand in die aanval in die regterlies gewond en Anton Kleyn (61), wat in die bors geskiet is, is op slag dood.

Julie Visser, Du Plessis se suster, het gesê haar broer slaap sedert die aanval nie. Sy kon hom Woensdagmiddag vir die eerste keer sedert die aanval vir ’n kort rukkie in die Life Wilgers-hospitaal besoek.

Volgens haar wil hy met alle mag en krag sy vriend se begrafnis bywoon.

Die drie aanvallers wat hulle in Kleyn se huis langs die Pienaarsrivier in die Boschkop-gebied, oos van Pretoria, aangeval het, word steeds gesoek.

Die huis is op die kleinhoewe van Kleyn se ouer broer, Louis (66), geleë.

Du Plessis, wat op die bank gelê het, is eerste geskiet. Hy en Kleyn het mekaar langer as ’n jaar geken en was goed bevriend, het sy gesê. Du Plessis het juis die naweek by hom gaan kuier.

Die aanvallers het van buite af deur ’n venster op die twee mans losgebrand. Du Plessis het gegil om Kleyn, wat in die kamer was, te waarsku.

Die aanvallers het onder meer twee selfone en ’n televisie gesteel.

Anton Kleyn (61) is Maandag in sy huis doodgeskiet. Twee selfone en ’n televisie is onder meer in die voorval gesteel Foto: Verskaf

Du Plessis, wat Woensdag nog te getraumatiseerd was om met die media te praat, het vir sy suster gesê hy het net twee aanvallers gesien.

“Hy het gesê as die venster waardeur hulle geskiet is groter was en die aanvaller sy hand daardeur kon kry, sou hy beslis ook doodgeskiet gewees het,” het Visser gesê.

Du Plessis het daarna baie bloed verloor toe hy gaan hulp soek het.

“Hy moes nog uitklim om twee hekke oop te maak en dit het maar sleep-sleep gegaan, het hy gesê.”

Du Plessis is kort ná die voorval in die hospitaal opgeneem en is Dinsdag geopereer. Daar is skade aan sy pelvisbeen en, al het die koeël regdeur getrek, sal infeksiebeheer deeglik toegepas moet word, het Visser gesê. Hy het Donderdag met fisioterapie begin.

Volgens haar gaan dit onder die omstandighede goed met hom, maar die pad na herstel gaan lank wees.

Meer oor:  Aanval  |  Rooftog  |  Slaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.