Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Slagoffer skiet 2 rowers dood wat bouers teiken

Die Guguletu-kliniek in Kaapstad is tydelik gesluit ná ’n skietvoorval Dinsdag waarin twee mans in hul 20’s dood is.

Zahid Badroodien Foto: Peter Abrahams/Son

Die Kaapstad-metro het bevestig rowers het bouwerkers geteiken wat die parkeerterrein van die kliniek geteer het.

Volgens die polisie het die aanvallers om 10:00 wapens op die werkers gerig en kontant en selfone gevra.

“Een van die slagoffers (werkers) het met sy gelisensieerde vuurwapen op die aanvallers geskiet en albei noodlottig gewond.”

Ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie ’n voorval van sakeroof ondersoek en ’n dossier vir ’n geregtelike doodsondersoek is geopen. ’n Vuurwapen wat op die toneel gevind is, sal ook vir ballistiese toetse gestuur word.

Die Kaapstad-metro sê in ’n verklaring die kliniek sal gesluit bly terwyl die polisie die toneel ondersoek.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, sê berading sal vir die pasiënte en personeel van die kliniek aangebied word.

Skietvoorvalle is ook onlangs by die klinieke in Weltevredenvallei, Crossroads 1 en Mzamomhle aangemeld, volgens Badroodien.

“Bejaardes, mense wat siek is, ma’s en babas wat medisyne of inentings benodig, word dié geriewe ontneem, selfs al is dit net vir ’n kort ruk.”

Pasiënte van die Guguletu-kliniek sal tydens die sluiting na die Vuyani- en die Masincedane-kliniek verwys word.

Badroodien doen ’n beroep op die publiek om alle onwettige optrede en enige inligting oor sulke voorvalle aan te meld.

Meer oor:  Rowers  |  Skietvoorval
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.