Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Slagoffer van padwoede is uit koma

Die man wat in ’n padwoedevoorval naby eMalahleni in ’n koma in geslaan is, het die afgelope week wakker geword.

Santie Potgieter en haar seun, Wimpie. Foto: Jaco Nel

Willem Potgieter (54) was aan ’n ventilator gekoppel en al sy voortande is uitgeslaan. Sy vrou, Santie (57), is ook aangerand.

Willem kan nog nie sy oë oopmaak nie, maar hy kan hoor, sê Santie.

“Hy is meestal bekommerd oor my en my kinders,” sê sy.

“Ek dink nie hy besef hy is die een wat amper doodgeslaan is nie.”

Drie mans, Hanno Bierman (30), Pieter de Beer (29) en Hannes Viljoen (28), word van poging tot moord aangekla en is verlede week op borgtog van R10 000 elk vrygelaat.

Rapport het verlede week berig Santie en Willem het die naweek tevore gaan uiteet. Hulle het in ’n onderonsie betrokke geraak met vier mans in ’n dubbelkajuit-Dodge.

Hulle het volgens Santie vir Willem begin skop, sy klere van sy lyf af getrek terwyl een van hulle op haar geskreeu het:

“Vanaand gaan jy sien hoe jou man vrek. Voor jou oë.”

Die aanrandings het aangehou totdat ’n ambulans opgedaag het.

Kapt. Eddie Hall, polisiewoordvoerder, sê die vierde verdagte is nog soek. “Ons kon hom nog nie identifiseer nie.”

Lourens Potgieter, Willem se broer, sê dit gaan “honderd keer beter” met Willem as verlede week.

“Binnekort sal hy konstruksie in sy gesig kan kry, want sy wangbene is gebreek en al sy voortande is uitgeslaan.”

Santie sê met ’n glimlag: “So stukkie vir stukkie voel dit vir my dat my man weer terug is.”jaco.nel@rapport.co.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.