Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Slapende man se eks val hom met byl aan

’n Man van Port Elizabeth is Saterdagmiddag in sy huis wakker gemaak deur sy voormalige vriendin en haar vriend wat hom met ’n byl aanval.

Die 53-jarige man het ernstige beserings aan sy bors, heup en hand opgedoen. Hy is in die Livingstone-hospitaal opgeneem, maar die polisie kon nog nie ’n amptelike verklaring bekom nie aangesien hy na bewering onder die invloed van alkohol was. Die polisie het wel vasgestel dat die voorval omstreeks 13:50 by die slagoffer se huis op ’n kleinhoewe in Rietkuilweg, naby Groenbossies aan die buitewyke van die stad, gebeur het.

’n Buurman het die slagoffer gehelp om by die hospitaal uit te kom.

Die slagoffer het glo iets te drinke gehad terwyl hy sy ete voorberei het en het die middag gaan slaap. Hy het kort daarna wakker geskrik toe hy met die byl aangeval word.

Die twee aanvallers het die man van geld, sigarette en kos beroof en het toe gevlug.

’n Buurman het die slagoffer gehelp om by die hospitaal uit te kom.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer het sy voormalige vriendin en haar vriend as die aanvallers herken en selfs hul name aan die polisie verskaf.

Naidu sê die polisie hoop om binnekort ’n amptelike verklaring by die man te kry, waarna inhegtenisnemings kan volg.

’n Saak van huisroof word ondersoek.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Aanval  |  Byl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.