Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sluier om moordgebeure in kompleks getrek

Mense in Marina de Gama, ’n veiligheidskompleks in Muizenberg, wil steeds geen inligting oor die voorval waar ’n inwoner vermoor is, bekend maak nie.

William (71) en Frances (65) Carter van Marina de Gama is Saterdag in die vroeë oggendure na bewering in hul huis oorval.

Frances is verskeie kere met ’n mes in haar kop en rug gesteek, terwyl William in die buik geskiet is.

Die bestuur van die Marina de Gama Association het by navraag gesê hulle gaan geen besonderhede oor die voorval bekend maak nie.

Volgens hulle sal geen persoonlike inligting oor die slagoffers bekend gemaak word nie omdat die polisie die saak nog ondersoek.

Frances “Fran” Carter is met verskeie steekwonde aan haar kop en rug gevind in haar kombuis gevind. Sy het saam met haar man in die Marina de Gama-sekuriteitskompleks gewoon. Op die foto is sy saam met haar seun, William. Foto: Facebook/Fran Carter

Ander inwoners het Saterdagoggend gekyk hoe polisieduikers glo die vuurwapen in die water soek. Hieroor het die polisie geen kommentaar gelewer nie.

Met die polisie se aankoms Saterdagoggend vroeg het hulle William buite die huis gevind, terwyl Frances se lyk op die kombuisvloer gelê het.

Carter is vir behandeling na ’n hospitaal gebring.

Hy het Maandag by monde van een van die saalverpleegsters gesê hy is aangeraai om nie met die media te praat nie.

Die polisie het intussen nog niemand in hegtenis geneem nie en sê dit is steeds te vroeg om te bespiegel oor wat presies gebeur het.

Die polisie ondersoek sake van moord en poging tot moord.

Kol. André Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die nooddienste en die polisie is om 03:30 na die huis in Uitsigweg, Marina Da Gama, ontbied en het met hul aankoms die man met ’n skietwond in sy buik gevind.

“Sy vrou se lyk met ’n steekwond is op die kombuisvloer gevind,” het Traut gesê.

ER24 het Saterdag bevestig Frances se lyk is met steekwonde aan haar kop en rug in die kombuis gevind. William het buite die huis gelê en is na ’n privaat hospitaal gebring.

Navrae is aan die egpaar se kinders, Megan en William, gestuur, maar geen kommentaar is ontvang nie.

South Africa - Cape Town - 17 October 2020 -  an i
Polisieduikers klim uit die water waar William en Frances Carter aangeval is. Hulle het na wat verneem word een van die wapens gesoek wat gebruik is om die egpaar mee aan te val.
South Africa - Cape Town - 17 October 2020 -  an i
Polisievoertuie buite die huis in die Marina de Gama-veiligheidskompleks waar 'n egpaar Saterdagoggend aangeval is.

Meer oor:  Polisie  |  Muizenberg  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.