Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Sluipmoord op dokter: Seun se gesin ‘woedend’

Die gesin van Zayyaan Sayed (10) is woedend oor gerugte wat beweer hulle is betrokke by die sluipmoord op die dokter wat ondersoek word vir hul seun se dood.

Netwerk24 het vroeër berig dr. Abdulhay Munshi (57), ’n narkotiseur van Houghton, is Woensdagmiddag in Norwood, Johannesburg, doodgeskiet.

“Die afleidings wat in die media gemaak word is onverantwoordelik, roekeloos, spekulatief en sensasioneel,” sê Sayed se pa, Mohammadh, Vrydag in ’n kort verklaring.

Zayyaan Sayed

Munshi het saam met dr. Peter Beale, ’n pediatriese chirug, tereg gestaan op ’n aanklag van strafbare manslag. Dit het gevolg ná die dood van Sayed, een van hul pasiënte.

Sayed het op 11 Oktober 2019 ’n laparoskopie ondergaan waarna sy long platgeval en hy later dood is.

Munsih en Beale se verhoor is in ’n vorige hofsitting tot November uitgestel.

Mohammadh sê hy het sedert sy seun se afsterwe alles in sy vermoë gedoen om seker te maak diegene verantwoordelik word aanspreeklik gehou.

“Dit is algemene kennis dat ek sedert die aanvang van die saak die wetlike roete gevolg het in ’n poging om die waarheid op te diep oor die hartverskeurende verlies van my seun. Die ondersoek bly steeds in die hande van die polisie en die nasionale vervolgingsgesag,” sê Mohammadh in sy verklaring.

Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het intussen ook sy skok oor die dood van Munshi uitgespreek. Hy het sy medelye aan die dokter se familie oorgedra en ’n beroep gedoen op die polisie om vinnig die skuldiges agter die beweerde sluipmoord in hegtenis te neem.

Dr. Abdulhay Munshi in Desember 2019 met sy verskyning in die landdroshof in Johannesburg in verband met Zayyaan Sayed se dood. Foto: Werner Beukes

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.