Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Snuffelhond slaan slag vir polisie in Kimberley

Eddie is nie net ’n oulike natsnoet en stertswaaiende labrador nie, maar ook ’n gedugte lid van die polisie in Kimberley se K9-eenheid en enige dwelmhandelaar se grootste nagmerrie.

Dié snuffelhond, wat sy kollega en hanteerder, sers. Benjamin Appie, gereeld bystaan wanneer die polisie op dwelmboewe toeslaan, het Dinsdag weer sy slag gewys toe hy nie minder nie as 142 heel en 58 halwe mandrax-tablette in ’n operasie in ’n huis in Soul City in Galeshewe uitgesnuffel het.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Eddie het die dwelms onder ’n kas in die huis uitgesnuffel.

Eddie die snuffelhond en sy hanteerder, sers. Benjamin Appie. Foto: Verskaf
Die mandrax-tablette wat Eddie die snuffelhond opgespoor het. Foto: Verskaf

Kimberley se honde-eenheid en die provinsiale misdaadintelligensie-eenheid het inligting uit die gemeenskap opgevolg en Dinsdag op die huis toegeslaan.

Die dwelms wat Eddie uitgesnuffel het, het ’n straatwaarde van sowat R11 000.

Die eienaar van die huis is in hegtenis geneem en sal binnekort in die plaaslike hof verskyn.

Appie sê hy is baie trots op sy hondekameraad en het hom ekstra bederf ná die goeie werk wat hy met sy skerp snuffelsnoet gelewer het.

Meer oor:  Kimberley  |  Dwelms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.