Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Só lyk jong paartjie wat op hoofweg vermoor is

’n Spesiale Gautengse polisieondersoekspan soek sedert Sondag onverpoos na die moordenaars van die paartjie wat doodgeskiet is toe hul bakkie sonder brandstof gaan staan het.

Johanco Fleischman (19) en Jessica Kuhn (21). Foto: Facebook

Johanco Fleischman (19) en Jessica Kuhn (21) is Sondagmiddag omstreeks 12:00 by die N12-Putfonteinweg-wisselaar in Benoni vermoor toe hul Toyota-dubbelkajuitbakkie hulle saam met hul werkers gestrand gelaat het.

Luidens bronne het Fleischman iemand gebel om brandstof te bring.

Kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die paartjie is, terwyl hulle op hulp gewag het, deur vermoedelik drie mans aangeval.

Fleischman se lyk is buite die voertuig gevind. Hy is verskeie kere geskiet. Kuhn was nog in die bakkie. Sy het ’n enkele koeëlwond gehad.

Die aanvallers het ’n selfoon geroof en toe probeer om die bakkie aan die brand te steek.

Luidens bronne het die paartjie, wat sedert Februarie 'n paartjie is, op ’n varkplaas in Delmas gewerk.

“Een van die werkers is ook aangerand,” sê ’n bron.

Dlamini sê hoewel hy nie kan uitbrei oor die vordering van die polisieondersoek nie, kan hy wel bevestig dat daar verskeie leidrade is wat opgevolg word.

Die Gautengse provinsiale gemeenskapspolisieraad spreek ook in ’n verklaring sy skok oor die “blatante” en “hartelose” aanval uit.

“Dit is kommerwekkend dat so ’n gewelddadige daad helder oordag geskiet. Ons paaie is veronderstel om veilig te wees en dit is ondenkbaar dat mense, selfs as hulle net langs die pad gestrand raak, slagoffers van misdaad word,” lui die verklaring.

Meer oor:  Jessica Kuhn  |  Johanco Fleischman  |  Benoni  |  N12-Moorde  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.