Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Só lyk misdaadsyfers in die Noord-Kaap

Die Noord-Kaap, wat die week deur die wrede moorde op die Brand-gesin geruk is, is steeds volgens die jongste misdaadstatistiek een van die provinsies waar misdaad baie min toegeneem of selfs gedaal het.

Misdaad het wel in die hoofstad, Kimberley, gestyg en 15 moorde, vergeleke met tien, is by die Kimberley-polisiekantoor aangemeld.

Aanranding het ook hier van 566 tot 677 (’n toename van 19,6%) gestyg. Voertuigkapings het in die stad verdubbel van drie tot ses.

Ander misdade wat in die hoofstad gestyg het, is voertuigdiefstal van 37 tot 40, (8%-toename), veediefstal van 12 tot 17 voorvalle (41%) en winkeldiefstal met 14% van 315 voorvalle tot 361.

Dié neiging is oor die provinsie heen aangemeld met ’n styging in die provinsie van 15% in winkeldiefstal teenoor die vorige boekjaar, ’n toename van 1 344 tot 1 546 voorvalle.

Moord het van 322 tot 326 toegeneem, ’n toename van 1,2%, poging tot moord het gedaal van 532 na 468, ’n afname van 12%, terwyl ernstige aanranding van 7 790 tot 5 947 afgeneem het. Dit is ’n afname van 2,5%.

Die provinsie se verkragtingsyfer is bykans onveranderd op 1 125 teenoor verlede jaar se 1 121 verkragtings.

Van die ander gevreesde misdade soos voertuigkapings, huisrooftogte en rooftogte by ondernemings het alles baie gedaal.

Huisrooftogte van 157 na 132 gedaal, ’n afname van 15,9%. Motorkapings het van 39 tot 34 (-12%) afgeneem en rooftogte by nie-residensiële eiendom van 332 na 198, ’n daling van 40,4%.

Inbrake by sakeondernemings (-15%), huise (-1,8%), diefstal uit voertuie (-3.7%), motordiefstal (-0,5%) en veediefstal (-4%) het gedaal.

In Upington het diefstal uit motorvoertuie die afgelope boekjaar skerp toegeneem van 96 voorvalle tot 167, ’n styging van 74%.

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Toegeneem  |  Min  |  Misdaadstatistiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.