Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
So lyk Suid-Kaap se misdaadsyfers

Seksuele misdade het die hoogste voorkoms in Knysna in die Suid-Kaapse polisiëringsgebied, luidens die polisie se misdaadstatistieke vir die boekjaar 2017-’18.

In Knysna is 166 seksuele misdade aangemeld in die jongste boekjaar vergeleke met 140 in 2016-’17. Dit is ’n toename van 18,6%.

Die dorp het ook een van die hoogste dwelmverwante misdaadsyfers in die streek, naamlik 1 074 in 2017-’18 teenoor 867 in 2016-’17. In Swellendam het dwelmverwante misdade van 1 589 in 2016-’17 tot 1 968 in 2017-’18 toegeneem.

Thembalethu in George se munisipale gebied het die hoogste moordsyfer met 27 moorde in 2016-’17 teenoor 36 in 2017-’18. Seksuele misdade het ook toegeneem van 106 in 2016-’17 tot 135 in 2017-’18.

In Calitzdorp was daar 62 inbrake by residensiële eiendomme in 2016-’17 teenoor 110 in 2017-’18. Dit is ’n toename van 77,4%. Nasionaal het hierdie misdaad met 0,4% afgeneem.

Statistieke vir die polisiestasie in George wys inbrake by nie-residensiële eiendomme het van 381 in 2016-’17 tot 441 2017-’18 toegeneem, maar by residensiële eiendomme het dit afgeneem van 567 tot 467 in die ooreenstemmende tydperk. Inbrake by motors, wat by tye ’n groot probleem vir die polisie is, het afgeneem van 567 in 2016-’17 tot 467 in 2017-’18.

Hulle is tevrede met misdaad in sektor 1 in George, wat val onder die George-polisiestasie, sê kapt. Louis Boshoff, bevelvoerder van die sektor wat George se middedorp en die nywerheidsgebied insluit. “Ons het ou oortreders weer onlangs aangekeer en nog nie weer een inbraak in die sakesektor gehad nie.”

In Beaufort-Wes het aanranding met die opset om ernstig te beseer van 338 in 2016-’17 tot 387 in 2017-’18 gestyg.

In De Rust naby Oudtshoorn het slegs een moord in 2017-’18 plaasgevind teenoor twee in 2016-’17. Stilbaai het geen moorde in 2016-’17 gehad nie, maar daar was drie in 2017-’18.

Meer oor:  Suid-Kaap  |  Misdaadstatistieke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.