Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Só lyk syfer vir moorde op vroue, kinders
Grafika24

Bykans 4 000 vroue en kinders is binne ’n jaar in Suid-Afrika vermoor.

Statistieke wat die polisie Woensdag in die parlement bekendgemaak het toon dat 3 915 vroue en kinders tussen 1 April 2017 en 31 Maart 2018 vermoor is.

Die meeste van die moorde (op vroue en kinders) – 886 - het in KwaZulu-Natal plaasgevind gevolg deur die Oos-Kaap (730), Gauteng (657), die Wes-Kaap (649), die Vrystaat (254), Noordwes (231), Mpumalanga (217), Limpopo (215) en die Noord-Kaap (76).

Die getal moorde op vroue het landwyd met 11% toegeneem van 2 639 in die 2016-’17-boekjaar tot 2 930 in die 2017-'18-boekjaar.

Moorde op kinders het in dieselfde tydperk met 17,4% gestyg van 839 tot 985.

Die meeste moorde op kinders het in die Wes-Kaap voorgekom. Dié syfer het van 192 in die 2016-'17-boekjaar tot 279 in die 2017-'18-boekjaar gestyg. In KwaZulu-Natal het dit in die ooreenstemmende tydperk van 157 tot 221 gestyg en in die Oos-Kaap van 148 tot 180.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.