Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
‘Soek verkragter self,’ sê polisie glo vir vrou

’n Verkragtingslagoffer is na bewering aangesê om self na haar verkragter te gaan soek toe sy die voorval by die polisie wou aanmeld.

Albert Fritz, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het Woensdag die polisie-ombud in die provinsie gevra om ’n dringende ondersoek na die beweerde voorval te doen.

Hy het nie gesê wanneer die beweerde voorval plaasgevind het nie.

Hy sê die vrou en ’n vriend van haar is na die Khayelitsha-polisiekantoor in Site B, Khayelitsha, ’n dag nadat sy na bewering verkrag en aangerand is. Die polisiebeamptes wat haar verklaring afgeneem het, het glo vir haar gesê sy “lyk nie soos iemand wat deur ’n traumatiese ondervinding is nie” en dat sy “te ontspanne lyk”.

Volgens Fritz het die betrokke polisiebeamptes haar en haar vriend glo aangeraai om “ ’n lokval vir die verdagte” te stel ten einde vas te stel waar hy is sodat die polisie hom in hegtenis kan neem.

“Die slagoffer het gesê dat haar vriend dit nie wil doen nie omdat die verdagte ’n gevaarlike man is.”

Fritz sê dié soort ding gebeur te veel.

“Ons kan nie ’n situasie hê waar slagoffers van geslagsgeweld met minagting en disrespek behandel word deur die einste polisiebeamptes wat beskerming aan hulle moet bied nie.”

Volgens Fritz is sulke voorvalle een van die redes dat verkragtingslagoffers dit nie aanmeld nie.

“Dit moet tot ’n einde kom.”

Die slagoffer het gesê dat haar vriend dit nie wil doen nie omdat die verdagte ’n gevaarlike man is.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die beweringe teen die polisie van Khayelitsha. Die vrou se verkragtingsklag word deur Khayelitsha se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe ondersoek.

Traut sê die stryd teen geslagsgeweld bly ’n prioriteit vir die polisie en dat die bewerings oor die lede se optrede in ’n baie ernstige lig beskou word.

“Ons sal in ’n beter posisie wees om kommentaar te lewer sodra die ondersoek afgehandel is,” sê Traut.

Fritz sê indien bevind word dat die bewerings oor die lede se optrede waar is, gaan hy daarop aandring dat tugstappe teen hulle gedoen word.

• Intussen het die polisie nog ’n voorval van geslagsgeweld bevestig. Phelokazi Ndlawana is Sondag in Mzolxolostraat, Khayelitsha, vermoor. Sy is met ’n voorwerp doodgesteek.

Traut sê ’n 39-jarige man is in verband met die moord in hegtenis geneem.

Ndlawana is glo vermoor omdat sy lesbies was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.