Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Soektog begin nadat 4 se lyke in Lady Frere gekry is

Die Oos-Kaapse polisie het met ’n grootskaalse soektog begin nadat die lyke van drie bejaardes en ’n 44-jarige vrou in Lady Frere gekry is.

Die slagoffers is Maandag in drie verskillende huise in die Zangqokweni-nedersetting aangetref.

Brig. Tembinkosi Kinana, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die lyk van die 44-jarige vrou is omstreeks 04:00 gevind.

Terwyl die polisie op die moordtoneel was, is hulle in kennis gestel van nog ’n 72-jarige vrou wat ook dood in haar huis aangetref is.

Ons gaan nie rus voordat die moordenaar(s) opgespoor is en aan die pen ry vir hierdie skokkende en gevoellose moorde nie.
SAPD

Om 07:00 is die lyke van ’n 75-jarige vrou en ’n 88-jarige man in hul huis aangetref.

Die huise is naby mekaar geleë en al die slagoffers het steekwonde gehad, sê Kinana.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, die provinsiale polisiekommissaris, het die polisie se 72-uur-opsporingsplan in werking gestel om die moordenaar(s) vas te trek.

“Ons gaan nie rus voordat die moordenaar(s) opgespoor is en aan die pen ry vir hierdie skokkende en gevoellose moorde nie,” sê Ntshinga.

Kapt. Lindile Sigcu is aan die stuur van die soektog en die ondersoek nadat vier moorddossiere geopen is.

Die polisie doen ’n beroep op enigeen wat inligting het om na vore te kom. Mense kan Sigcu by 082 302 6989 bel, of die Stopmisdaadnommer, 08600 10111, skakel.

Alle inligting word vertroulik gehanteer en kan anoniem aan die polisie gegee word.

Meer oor:  Lady Frere  |  Soektog  |  Slagoffers  |  Lyke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.