Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Soektog na aanvallers ná 7 se skietdood in Guguletu

Die polisie in die Wes-Kaap het begin met ’n uitgebreide soektog na die mense wat met die skietdood van sewe mense in Guguletu verbind word.

’n Aksieplan van 72 uur is ná die skietvoorval Woensdagmiddag in dié deel van Kaapstad in werking gestel.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, het Woensdagaand gesê vyf mense is op die toneel dood, terwyl nog twee in die hospitaal aan hul wonde beswyk het.

Die onbekende aanvallers het in ’n voertuig weggejaag en die motief vir die aanval is nog onbekend.

Volgens Potelwa is daar aanduidings dat die slagoffers ’n tradisionele seremonie bygewoon het voordat die skietery begin het.

Die slagoffers se name en ouderdom sal bekend gemaak word nadat hul families in kennis gestel is.

Genl.maj. Thembisile Patekile, waarnemende provinsiale kommissaris, sê in ’n verklaring spanne van die polisie volg reeds verskeie leidrade op.

“Hulle sal deurnag werk.”

Die nooddiens Netcare 911 het bevestig paramedici is na ’n skietvoorval buite ’n huis in Guguletu ontbied.

Shawn Herbst, woordvoerder, sê al die slagoffers is mans en vyf van hulle is in die kop geskiet, soos met ’n teregstelling.

• Enigiemand met inligting oor die voorval kan die polisie by 08600 10111 kontak.

Meer oor:  Gugulethu  |  Skietdood
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.