Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Soektog na man wat ouma, 3-jarige doodskiet

Die polisie op Clocolan, in die Oos-Vrystaat, is op soek na ’n man wat drie mense, onder wie ’n driejarige kind, in hul huis doodgeskiet het.

Die skietery het Sondag omstreeks 20:20 in Derde Laan op die dorp gebeur. Mirriam Hlalele (61) en haar driejarige kleindogter, Karabelo Hlalele, is op die toneel dood.

Die vrou het gesê sy weet nie van watter geld hy praat nie en sy het nie geld nie. Die man het daarna ’n pistool uitgehaal en die vrou en kind geskiet.

Thabiso Malefetsane (23), wat ’n kamer by Hlalele gehuur het, is ook geskiet toe hy probeer keer het dat die man nog mense skiet.

Hy is later in ’n plaaslike hospitaal dood.

Die meisie se ma was ook in die huis toe die skietery gebeur het.

Kapt. Phumelele Dhlamini, ’n polisiewoordvoerder, sê die kind het op haar ouma se skoot gesit en televisie kyk toe die man op hulle losgebrand het.

Volgens hom het die skieter saam met Malefetsane by die huis opgedaag en vir die vrou gevra waar sy geld is wat hulle hom skuld.

“Die vrou het gesê sy weet nie van watter geld hy praat nie en sy het nie geld nie. Die man het daarna ’n pistool uitgehaal en die vrou en kind geskiet.

“Hy het daarna die jong man, saam met wie hy daar aangekom het, in die kop en bolyf geskiet,” sê Dhlamini.

Van die ander huurders, wat by die huis was, het die skote gehoor, maar het nie gesien wat gebeur het nie.

Volgens Dhlamini is die onbekende verdagte ’n lang, maer man, tussen 20 en 30 jaar oud en praat hy vlot Sotho.

Enigeen met inligting kan speur-ao. F. Zietsman by 079 490 1716 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.